Die Afrikakrieketvereniging (Engels: Africa Cricket Association, afgekort “ACA”) is die kontinentale beheerliggaam vir krieket in Afrika. Hulle is ook een van die Internasionale Krieketraad (IKR) se vyf kontinentale konfederasies.[1] Die konfederasie is in 1997 gestig en hulle hoofkantoor is in Benoni, Suid-Afrika, geleë. Die amptelike taal is Engels.
In Augustus 1997 is die Afrikakrieketvereniging in Harare, Zimbabwe, gestig deur Botswana, Kenia, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe. Die Afrikakrieketvereniging organiseer verskeie vastelandse toernooie, insluitend die Afrika T20I-beker vir nasionale seniorkrieketspanne vir mans, vroue en jeug. Dit organiseer ook die vastelandse kwalifiserings vir die IKR se internasionale toernooie.
Argentinië • Bahamas • Belize • Bermuda • Brasilië • Chili • Costa Rica • Falkland-eilande • Kaaimanseilande • Kanada • Meksiko • Panama • Peru • Suriname • Turks- en Caicoseilande • Wes-Indië • Verenigde State