Alicedale
Alicedale is 'n spoorwegaansluiting in die Oos-Kaap, Suid-Afrika. Van hier swaai 'n takspoorlyn na Grahamstad vanaf die hoofspoorlyn tussen Johannesburg en Gqeberha. Die dorp was 'n spoorweg-opleidingskool gedurende die 19de en 20ste eeue, vandaar die pragtig bewaarde, historiese rooi siersteengebou wat nou die ontvangsarea van die hotel-oord op die dorpie huisves. Alicedale is vernoem na mev. Alice Slessor (gebore Dale), die eggenote van die ingenieur in beheer van spoorkonstruksie. Die naaste twee dorpies is Riebeek-Oos en Paterson terwyl Grahamstad 45 km oos lê. Die Boesmansrivier vloei by Alicedale verby. Daar is 'n puik 18-putjie gholfbaan by die Bushmans River Sands Hotel op die dorpie. Die hele baanuitleg is op die oewers van die Boesmansrivier, met verskillende waterhindernisse om te trotseer. Sien ookVerwysings
Bronne |