Avokado
Die avokado (Persea americana) is 'n boom inheems aan Meksiko en Sentraal-Amerika,[1] en behoort tot die familie Lauraceae in die klas bedeksadiges, saam met kaneel, kamfer en lourier. 'n Avokadopeer is 'n vrug met 'n groen skil en vlesige lyf wat peervormig, eiervormig, of rond kan wees. Dit is afkomstig van 'n tropiese plant bekend as 'n avokadoboom (Persea americana). Teen die tyd dat die avokadopeer ryp geword het, het die skil waarskynlik na donkerbruin of selfs swart verkleur.
Bron: FAOSTAT van die Verenigde Nasies[2] Sover bekend is avokado's die rykste bron van fitosterole in vrugte.[3] Fitosterole is natuurlike plantverbindings in die triterpeenfamilie wat struktureel met cholesterol vergelykbaar is, en bekend is vir cholesterolverlagende, anti-inflammatoriese en antioksidante eienskappe, benewens voordele vir die immuunstelsel.[4] Avokado's bevat ongeveer 26 mg fitosterole per 30 g, of 57 mg per halwe vrug.[5] Fitosterole is vetoplosbare stowwe wat feitlik afwesig is in ander vrugte wat tipies min plantvette bevat, maar is wel algemeen aanwesig in verskillende neute en sade, byvoorbeeld sesam-, vlas-, pampoen- en sonneblomsaad, benewens pistagio, tahini, amandels en amandelbotter. Verwysings
Eksterne skakels
|