Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Blouwildebees

Blouwildebees
Blouwildebees in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
C. taurinus
Binomiale naam
Connochaetes taurinus
(Burchell, 1823)
Subspesies

C. t. taurinus, blouwildebees of Bridled Gnu
C. t. albojubatus, oostelike witbaardwildebees
C. t. cooksoni, Cookson-wildebees
C. t. johnstoni, Njassaland-wildebees
C. t. mearnsi, westelike witbaardwildebees

██ C. t. taurinus██ C. t. cooksoni██ C. t. johnstoni██ C. t. albojubatus██ C. t. mearnsi

Die blouwildebees (Connochaetes taurinus) is 'n groot wildsbok wat aangetref word in die noordelike deel van Transvaal en ooswaarts tot teen die Swazilandgrens, Noord-Natal in Zoeloeland.

Habitat

Blouwildebeeste verkies 'n oop boomveld-savanne met permanente oop water. Binne hierdie gebied sal hulle in valleie en teen berghange voorkom.

Gewoontes

Blouwildebeeste kom in troppe van 20-30 voor. Tydens periodes van voedselskaarste sal groot samedrommings vorm om na beter weivelde te migreer.

Die sosiale struktuur bestaan uit territoriale bulle, koei- en bultroppe. Koeitroppe bestaan uit koeie met hul jongste kalwers. Hierdie troppe beweeg deur territoriale bulle se gebiede en gedurende die paartyd sal die bulle met bronstige koeie paar. Die gemiddelde teeltropgrootte in Oos-Afrika is 10 diere en die tuisgebied is ongeveer 2 500 ha.

Bultroppe is losser versamelings van volwasse en jong bulle wat uit koeitroppe verdryf is. Die diere bly aan die rand van die gebiede van koeitroppe wat gewoonlik die swakste veld is.

Bouwildebeeste rol hul pels gereeld teen sekere areas van hul habitat.

Voedsel

Blouwildebeeste is grasvreters en verkies groen, kort gras. Die diere is lief om op pas gebrande veld te beweeg om groen grasspruite te benut.

Voortplanting

Paartyd is van Maart tot Mei, met 'n spitskalfseisoen van November tot Desember. Die draagtyd is 8,5 maande, waarna 'n enkele kalf gebore word.

Fotogalery

Sien ook

Eksterne skakels

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya