Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Boommuis

Boommuis
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
T. paedulcus
Binomiale naam
Thallomys paedulcus
(Sundevall, 1846)

Die Boommuis (Thallomys paedulcus) is 'n knaagdier wat in die noordelike dele van Suid-Afrika voorkom. Die dier staan ook bekend as die Boomrot.

Voorkoms

Die boommuis is geelgrys met grys sye en 'n wit onderkant. Die swart oogringe gaan oor in strepe wat verleng en strek tot by die neus. Die boommuis is naglewend en word tot 30cm lank en weeg ±100g.

Habitat en gewoontes

Hulle verkies savannaboomveld, veral Acaciaboomveld. Hulle leef in bome en maak nes in gate in die bome of pas 'n ou voëlnes aan met sagte plantmateriaal. Die soogdiertjie is nagaktief en bedags rus hulle in familiegroepe in so 'n nes. Daar word gewoonlik 2-5 kleintjies in die somer gebore.

Sien ook

Bron

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya