Britse Barbarians
Die Barbarians is 'n internasionale rugbyspan wat in Brittanje gestasioneer is. Die span bestaan uit uitgenooide spelers vanuit verskeie lande wat wedstryde teen besoekende nasionale spanne, of vir spesiale geleenthede, speel. Hulle bynaam is die "baabaas". Die Barbarians speel in tradisionele swart en wit truie, hoewel spelers die kouse van hulle tuisklubs dra. Hulle is bekend vir hulle opwindende hardlooprugby.[2] Die klub is op 9 April 1890 deur William Percy Carpmael gestig. Hy hou van die kultuur agter kort rugbyreise en kom met die idee van reëlmatige kort toere vorendag. Hulle wen hulle eerste wedstryd op 27 Desember 1890 teen die Hartlepool Rovers met 9 punte teen 4. Die Suid-Afrikaanse rugbyspeler en -afrigter Nick Mallett het die span in 2009 afgerig. Wedstryde teen internasionale spanne
Rekords
Verwysings
Verdere leesstof
Eksterne skakels
|