C.P. Nel-museumDie C.P. Nel-museum is ‘n kultuur-historiese museum in Oudtshoorn. VersamelingDie versameling oudhede weerspieël die lewe van die pioniers in die dorp en die Klein-Karoo in die 19de eeu en vroeër. Besondere klem word gelê op die volstruis- en tabakbedryf, die Joodse gemeenskap, C.J. Langenhoven en die onderwys. Onder andere is daar antieke meubels, kombuis- en plaasgereedskap, ‘n kakebeenwa uit 1837, klere, medaljes, opgestopte inheemse voëls, Kaapse silwer, 'n groot versameling items van koper, porselein en glas sowel as geologiese en argeologiese reste. 'n Besondere voorwerp is die kettingaangedrewe Schacht, 'n sedanmotor, gebou tussen die jare 1904 en 1913 in Cincinnati in Ohio. Opvallend is ook die boegbeeld van die Noorse seilskip King Cenric. 'n Wye versameling dokumente rakende die kontrei is vir navorsers ter insae. StigterDie sakeman C.P. Nel (* Somerset-Oos, 3 Oktober 1878 - † Oudtshoorn, 21 November 1950) het sy persoonlike versameling reeds in 1937 begin en 'n jaar later is dit reeds deur die monumentekommissie as museum erken. In 1950 gee Nel die beheer van sy versameling oor aan ‘n raad van kuratore. Hierdie versameling is die kern van die huidige museum. HuisvestingSedert Maart 1973 is die museum gevestig in die gebou van die voormalige Hoër Seunskool. Hierdie sandsteengebou dateer uit 1906, is gebou deur die Rogers-broers en ontwerp deur die argitek Charles Bullock (* 1870 - † 1909). Die Rembrandtsaal is van 1912 gebou na 'n tekening deur die argitek Johannes Egbertus Vixseboxse. Al die geboue is in 1979 tot monument verklaar. Bibliografie
|