Eastwood
Eastwood is 'n klein voorstad in die ooste van Pretoria, Suid-Afrika. Eastwood is geleë oos van die Uniegebou en tussen die ambassades van verskeie lande. Government laan, wat die Uniegebou en president se woning verbind, is uniek belaan met 'n dubbel ry Jakaranda bome aan beide kante van die straat, weerskante van die sypaadjies. Aangesien hierdie bome naby aan mekaar staan is hulle nie so groot soos die wat byvoorbeeld in voorstede soos Brooklyn groei nie. Government laan bied 'n unieke aansig op die torings van die Uniegebou wat in Oktober met Jakarandas geraam word. Eastwood straat, wat die weste grens van Eastwood merk word Tom Jenkins laan, wat oor die berg loop en 'n wonderlike uitsig van die Moot bied. Verwysings
|