Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Edenville

Edenville
NG kerk Edenville
NG kerk Edenville
Edenville is in Vrystaat
Edenville
Edenville
 Edenville se ligging in Vrystaat
Koördinate: 27°33′S 27°40′O / 27.550°S 27.667°O / -27.550; 27.667
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieVrystaat
DistrikFezile Dabi
MunisipaliteitNgwathe
Stigting1912
Oppervlak
 • Totaal5,00 km2 (1,93 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal433
 • Digtheid87/km2 (230/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense4.0%
 • Indiërs/Asiërs0.2%
 • Bruin mense0.9%
 • Swart mense94.7%
 • Ander0.2%
Taal (2011)
 • Sotho88.0%
 • Afrikaans4.7%
 • Zoeloe3.2%
 • Gebaretaal1.0%
 • Ander3.1%
Poskode (strate)
9535
Poskode (posbusse)
9535

Edenville is 'n klein landboudorp in die Noord-Vrystaat, in Suid-Afrika. Die dorp is 48 km noordoos van Kroonstad en 50 km suidwes van Heilbron.

Geskiedenis

Edenville is op 29 Oktober 1912 op die plase Welgelegen, Landgoed en Erfdeel-Noord aan die bolope van die Doringspruit geproklameer nadat die plaaslike gemeenskap petisies vir 'n nuwe dorp ingedien het. Die dorp het in 1922 'n munisipaliteit geword. Die naam verwys blykbaar na die Bybelse Hof van Eden.[2]

Die NG gemeente Edenville is op 13 Augustus 1913 gestig. Die kerkgebou, een van Johannes Rienk Burg se vyf NG kerk-ontwerpe, is op 7 April 1922 deur ds. J.D. Kestell ingewy.

Distrik

Die belangrikste produkte geproduseer is mielies, vleis en suiwelprodukte. Daar is ook 'n groot graanmeule op die dorp.

Sien ook

Bronne

Verwysings

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Edenville". Sensus 2011.
  2. "Dictionary of Southern African Place Names (Public Domain)". Human Science Research Council. p. 151.
Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya