Europese Rugbykampioenskap
Die Europese Rugbykampioenskap is die Europese kampioenskap vir vlak twee en drie rugbyspelende lande. Die kampioenskap is in sewe divisies verdeel met vier tot agt spanne in elke divisie. Die hoogste vlak word die Rugby Europa Internasionale Kampioenskap genoem en nieamptelik die Sesnasies B. Die divisies speel in tuis- en wegwedstryde op 'n tweejaarige siklus teen die ander spanne in hul divisie. Sedert 2009 word die wenner aangewys na aanleiding van ’n eenjarige ordening. Die huidige kampioen is Georgië wat die 2023–24-titel gewen het. Sedert Italië se aansluiting by die Vyfnasies-toernooi in 2000 is daar geen promosie of relegasie tussen die Europese Rugbykampioenskap en die Sesnasies-toernooi nie. GeskiedenisOorspronklike formaat van 2000 afNa die instelling van die divisie-stelsel in 2000 het Roemenië die eerste kompetisie gewen. Marokko was in die eerste seisoen deel van die kompetisie. In 2001 is Marokko deur Rusland vervang en Georgië het die titel verower na 'n reeks goeie vertonings en 'n eindstryd waarin hulle met 31–20 teen Roemenië geseëvier het. Soos die formaat van die kompetisie verander het van 'n eenjaar- na 'n twee-jaartoernooi is Nederland nie na die tweede seisoen teruggeskuif nie. Roemenië het in 2002 begin met 'n agterstand teen Georgië na die uitslae van 2001, maar kon dit steeds regkry om al hul oorblywende vyf wedstryde te wen, wat 'n sege teen Georgië in Tbilisi van 31–23 ingesluit het. Portugal het op verrassende wyse teen Roemenië gewen (16–15) in Lissabon en het hulleself bo-aan die punteleer bevind aan die einde van 2003. In die tweede helfte van die kompetisie het Roemenië weer op koers gekom met 'n sege van 36–6 teen Portugal in Constanţa, maar het met 24–33 verloor teen Rusland in Krasnodar. Portugal het hul eerste titel beklink met 'n laaste-minuut wen teen Rusland (19–18) in Lissabon. Die wedstryd tussen Rusland en Tsjeggië is geherskeduleer as gevolg van gure weer en is uiteindelik afgelas. Die toernooi van 2004–2006 het ook gedien as kwalifiserende groep vir die Wêreldbeker in 2007. Roemenië was triomfantelik al het hulle met dieselfde punte as Georgië geëindig en Oekraïne is afgeskuif nadat hulle al hul wedstryde verloor het. In die toernooi van 2007–2008 het Spanje teruggekeer tot die hoogste divisie. Die wenner was Georgië wat goed vertoon het na hul indrukwekkende pogings tydens die Wêreldbeker in 2007. Die Russe het steeds beter vertoon met hulle hoogste plasing ooit; ’n tweede plek in die Eerste Divisie. Tsjeggië was die span wat heel laaste geëindig het, wat beteken dat hulle afgeskuif is na Divisie 2A. In 2009 is besluit op ’n nuwe formaat. Elke kalenderjaar het sy eie kampioenskap maar die totale rangskikking oor twee jaar bepaal die span wat gerelegeer word. Die 2009–2010-seisoen het ook gedien as basis vir die Rugbywêreldbeker 2011. Duitsland het in 2009 vir die eerste keer in die boonste divisie deelgeneem, Georgië het hul titel suksesvol verdedig en Portugal het in Boekarest oor Rusland geseëvier. Roemenië wat gekonfronteer is met die moontlike verlies van ’n plek in die Wêreldbeker het hard gewerk en is beloon met die 2010-titel. Die prestasie was egter nie genoeg om by Georgië of Rusland verby te gaan nie. Dié twee lande het na aanleiding van hul goeie resultate van die vorige jaar outomaties vir die Wêreldbeker gekwalifiseer wat beteken het dat Roemenië in die Kwalifiserende Uitspeelrondtes moes speel. Duitsland is gerelegeer nadat hulle geen wedstryde kon wen nie. Georgië het met gemak in 2011 gewen nadat hulle met 18–11 in Tbilisi teen Roemenië gewen het. Oekraïne wat bevorder is, kon nie beïndruk nie en het al hul wedstryde verloor behalwe ’n onverwagte sege teen Portugal. Tweede formaat tussen 2010 en 2015Vir die kompetisie van 2010–2012 (en promosie/relegasie tussen groepe na opeenvolgende kompetisies) is die boonste twee divisies (voorheen 1 en 2A) geherdefinieer as 1A en 1B met ses spanne elk (voorheen ses en vyf). Die volgende vier vlakke (voorheen 2B, 3A, 3B en 3C) het onder die nuwe stelsel 2A–2D geword met die oorblyfsels van Divisie 3D wat die eerste groep van spanne wat as Divisie 3 benoem sou word, uitgemaak het. In beginsel sou elke divisie ’n ander tipe kompetisie omvat. In Divisie 1 het die groepe ses spanne (wat meer wedstryde en meer reis beteken) met ’n noemenswaardige deel van spelers wat professioneel of semi-professioneel speel (dit beteken dat wedstryde so dikwels moontlik geskeduleer is binne Wêreldrugby se internasionale wedstrydtydraamwerk wanneer klubs spelers moet vry gee vir nasionale pligte) en slegs een span word elke twee jaar bevorder en gerelegeer (wat beteken dat die kompetisie meer stabiel is). In Divisie 2 het die groepe slegs vyf spanne elk (wat gewoonlik een tuiswedstryd en een wegwedstryd in die herfs en dieselfde in die lente, beteken vir elke span) met die aanname dat die meerderheid spelers amateurs is (wat beteken dat skedulering nie so beperk is nie) en benewens die tradisionele outomatiese eerste-bevorder-laaste-gerelegeer-stelsel, speel die vierde plek van die hoër geplaaste poel teen die tweede plek van die laer geplaaste poel na elke tweejaarlikse kompetisie. Die wenner neem dan sy posisie in hoër geplaaste poel in. Van ’n vyf-span-groep is een span bevorder, een gerelegeer en twee speel in uitspeelwedstryde. ’n Maksimum van vier van ’n poel se vyf spanne kan dus verander van een tweejaarlikse kompetisie na die volgende. In Divisie 3 word ’n toernooi van sewe na tien dae een maal per jaar op een plek gereël. Dit verminder die reiskoste vir spanne en verlofvereistes vir spelers. Dit laat ook buigsaamheid toe in terme van spanlede wat elke jaar kan verander en plaas nie soveel druk op spanne om meer konstant oor twee jaar te wees nie. Die span wat die beste vertoon oor twee jaar se toernooie word na Divisie 2 bevorder. In die jaar van die oorgang na die nuwe stelsel (2010) was daar geen relegasie van enige divisie nie omdat die tweede hoogste divisie (die voormalige 2A, nou 1B) met ’n span vergroot is. Derde formaat tussen 2016 en 2022Die Europese Nasiesbeker het die Europese Rugbykampioenskap geword wat bestaan het uit vyf vlakke of afdelings:
'n Bevorderings- en afleggingspeelstelsel is elke jaar op alle vlakke gehandhaaf, wat wegbeweeg van die tweejarige stelsel wat van 2003 af gespeel is, wat beteken dat spanne elke jaar bevorder en verlaag is.[1] Die twee beste spanne van die Europese Rugbykampioenskap 2022 het gekwalifiseer vir die Rugbywêreldbeker 2023 en die derde span het die internasionale uitspeelrondte in November 2022 behaal. Spanje is beboet vir die inspanning van 'n uitgeslote speler en beide Georgië en Roemenië het regstreeks vir die hooftoernooi gekwalifiseer, terwyl Portugal die internasionale uitspeelrondte behaal en gewen het, waardeur hulle ook vir die 2023-toernooi in Frankryk gekwalifiseer het. In Desember 2021 is 'n verklaring deur die Poolse Rugbyunie uitgegee wat bevestig het dat die Europese Rugbykampioenskap vanaf die 2022/2023-seisoen na agt spanne sal vergroot word. Teen einde van dié uitbreiding sal geen span van die boonste vlak afgeskakel word nie, terwyl twee spanne van die tweede vlak Trofeekampioenskap ná die 2021/2022 Kampioenskap bevorder sal word.[2] Die serpentynstelsel is gebruik om die spanne aan hul onderskeidelike groepe toe te wys.[3] Elke span het altesaam vyf wedstryde gespeel (drie poelwedstryde om die span se pad te bepaal en twee uitspeelwedstryde).[3] Die groepplasing en bevordering is oor twee jaar uitgespeel, soos die bevordering van die trofeetoernooi.[3] Daarbenewens het Rugby Europa veranderinge aan die bonuspuntstelsel aangebring. Die standardstelsel wat van toepassing is in die Sesnasies-toernooi is ten gunste van die Franse stelsel laat vaar. Die hoofverskil is dat voorheen 'n span vir die druk van vier of meer drieë (onafhanklik van die uitslag) 'n bonuspunt toegeken is, terwyl nou 'n span 'n bonuspunt sal kry as hulle die wedstryd met drie of meer drieë as hul opponent wen. Internasionale Kampioenspan: nuwe formaat (sedert 2022)Sedert Oktober 2022[3] bestaan die Europese Rugbykampioenskap uit vyf vlakke of afdelings:
'n Bevorderings- en afleggingspeelstelsel word elke twee jaar op alle vlakke gehandhaaf, wat wegbeweeg van die eenjarige stelsel wat van 2016 af gespeel is, wat beteken dat spanne elke twee jaar bevorder en verlaag word. Huidige divisies (2023–2024)
Laaste keer hersien op 17 Maart 2024 Die Dertigs: die eerste drie toernooie
Die Vyftigs: die Europesebeker
Die Nasiesbeker 1966–1973
Die FIRA-trofee 1974–1997
Europese Nasiesbeker (2000–2016)
Europese RugbykampioenskapEerste formaat
* Bevorder tot Trofee Tweede formaat
* Bevorder tot Trofee Derde formaat
Europese Rugbykampioenskap algehele tabel (2000–2024)
Europese Rugbykampioenskapwenners (2000–2024)
Ander trofeëDaar word binne die verloop van die kompetisie om ’n aantal ander trofeë meegeding, hoofsaaklik as langbestaande wedstryde tussen twee spanne:
Sien ook
Verwysings
Eksterne skakels
|