Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Frank Opperman

Frank Opperman
Geboorte 8 Junie 1960
Johannesburg, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrika
Beroep(e) Akteur, musikant
Webwerf frankopperman.co.za
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Frank Opperman (* 8 Junie 1960 in Johannesburg) is 'n Suid-Afrikaanse akteur en musikant. Hy het bekendheid verwerf met die rol Ouboet van Tonder in die TV-reeks Orkney Snork Nie.

Opperman matrikuleer in 1978 aan die Hoërskool Silverton in Pretoria nadat hy verskeie skole in Worcester, Benoni, Hermanus en Middelburg bygewoon het. In 1979 begin hy in die regte studeer aan Tuks, maar verloor gou belangstelling. In 1980 sluit hy by die weermag aan waar hy in 'n militêre marsjeerorkes speel. Ná sy militêre diensplig voltooi hy 'n Nasionale Dramadiploma aan die Technikon Pretoria.

In 1988 trou Opperman met die Suid-Afrikaanse aktrise Susan Coetzer, maar hulle skei in 1992. Hulle het een (nou volwasse) seun, Frankie. Hy is in 2005 met Esmarie Meyer getroud en hulle het 'n dogter, Ena, wat nog op skool is.

Diskografie

Opperman se albums:

  • Let´s Be Frank, 2008
  • Frankie O, SELECT
  • Serial Boyfriend, 1999 GALLO

Toneelstukke

Van sy toneelstukke:

  • Wyk 14 (teks, Dana Snyman, regie Nicky Rebelo)
  • Die Uwe Pottie Potgieter (teks, Dana Snyman, regie, Maritz Albert)
  • 25 Vrouens
  • Gehang
  • Meneer de Beer

Filmografie

Van die rolprente waarin Opperman gespeel het:

TV-programme

  • Orkney Snork Nie, as Ouboet
  • Die Vierde Kabinet, 1998 as Kolonel Yster Swart
  • Big Time
  • Gauteng Aleng - Aleng, 2003 as Koos Koekemoer

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya