Gebluste kalk, bluskalk of kalsiumhidroksied is 'n vastestof met fomule Ca(OH)2 en basiese eienskappe.
Dit word gevorm uit ongebluste kalk en water met vrystelling van baie hitte:
Toepassings
Dit het baie toepassings in die bou-industrie.
Dit word ook toegepas in die landbou om suur in die grond te neutraliseer en toksiese vlakke aan aluminiumione neer te slaan as onskadelike alumiumhidroksied. Dit word ook as misstof gesien omrede dit kalsium en ook magnesium aan die plante lewer. Meestal is in die kommersiële produkte wat uit dolomiet vervaardig word ook magnesiumhidroksied aanwesig.[5]
Eienskappe
Dit is 'n bietjie oplosbaar in water (1,85 [g/L] (@0 °C) en hierdie oplossing het 'n pH van 12,4 wat dit 'n bytende stof maak. Die vastestof reageer heftig met sure en kan CO2 opneem uit die lug: [3]
Dit reageer ook met chloorgas en gee bleikpoeier: [3]
Met natriumkarbonaat-oplossings (soos wassoda) slaan dit deur dubbele omwisseling die baie min oplosbare kalsiumkarbonaat neer en gee bytsoda (natronloog) [3]
Dit reageer nie met yster of staal nie, maar aluminium, lood en geelkoper word aangetas. [3]
↑Gebluste kalk - dié top neutralisasieproduk wat die vrugbaarheidspotensiaal van grond maksimaal ontsluit Carl Taljaard SA Kalk en gips Promosie, die kommuniek 2010, www.sakg.co.za