Die Griekse alfabet (Grieks: Ελληνικό αλφάβητο, Ellinikó Alfávito) is gebruik om Grieks sedert ongeveer die 9de eeu v.C. te skryf. Dit is die eerste ware alfabet, een wat 'n simbool vir elke vokaal en konsonant het, en is die oudste alfabet wat steeds in gebruik is.
Ander gebruike
Die letters word ook gebruik om syfers voor te stel, net soos die Romeinse syfers. Behalwe by die skryf van moderne Grieks, word die letters ook gebruik as wiskundige simbole, by die name van deeltjies in bv. fisika, as name van sterre, in die name van tropiese siklone, en ook vir ander gebruike.