Hans-Peter KünziHans-Peter Albert Künzi (20 April 1955 – 13 Augustus 2020)[1] was 'n navorser in topologie en kategorieteorie aan die wiskundedepartement van die Universiteit van Kaapstad. Met sy akademiese A-gradering word hy wêreldwyd as een van die voorste navorsers in sy area van ondersoek geag.[2] Sy navorsingsbelangstellings sluit topologie, ordes, kategorieë, en kombinatoriek en die toepassing daarvan op analise en algebra, bv. in die teorie van asimmetriese topologie, in. Künzi was redaksielid van die wiskundige vaktydskrifte Quaestiones Mathematicae[3] en Topology and its Applications ("Topologie en sy toepassings").[4] LoopbaanHans-Peter Künzi ontvang in 1982 sy PhD van die Universiteit Bern met sy tesis Quasi-metrisierbare Raeume ("Quasi-metriseerbare ruimtes") onder toesig van Jürg Rätz. Wiskundig-genealogies gesproke is Künzi 'n afstammeling van onder andere David Hilbert.[5] Artikels
Verwysings
Eksterne skakels
|