Herbert Castens
Herbert Castens (1864–1929) was Suid-Afrika se eerste rugby- en krieketkaptein. Hy was algemeen as H.H. Castens bekend en het 'n belangrike rol in die ontwikkeling van rugby en krieket in Suid-Afrika (beide op en van die veld) gespeel.[1] LewensloopHerbert Hayton Castens is op 23 November 1864 in Pearston in die Oos-Kaap gebore. Hy woon die Rugby School in Engeland by en studeer daarna regte aan die Oxford-universiteit. Ná sy studies keer hy na Suid-Afrika terug om die regte in Kaapstad te praktiseer. Castens was 'n Springbokrubyspeler en Suid-Afrika se eerste Springbok-rugbykaptein. Hierdie toets het in 1891 teen die Britse Leeus plaasgevind. Hy was ook die skeidsregter in die derde toets van die reeks (dieselfde jaar).[2] Daarnaas was hy ook Suid-Afrika se eerste nasionale krieketkaptein wat 'n toerspan in 1894 aangevoer het. Hy is op 18 Oktober 1929 oorlede en in ’n ongemerkte graf in die Fulham-begraafplaas buite Londen begrawe. Verwysings
Eksterne skakels
|