Jean de Villiers
Jean de Villiers (gebore 24 Februarie 1981, Paarl) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyspeler en Suid-Afrika se vier-en-vyftigste Springbokkaptein. Hy het sy rugbyloopbaan as 'n vleuel begin, maar later hoofsaaklik op senter gespeel. De Villiers het lank vir die Westelike Provinsie en die Stormers en op internasionale vlak vir die Springbokke gespeel. In 2008 word hy as Suid-Afrika se speler van die jaar aangewys. JeugDe Villiers matrikuleer by Paarl Gimnasium, 'n skool wat al verskeie groot rugbyspelers opgelewer het. Hy maak sy debuut op internasionale vlak vir die Suid-Afrikaanse sewes-span. Hier speel hy 'n belangrike rol in die spanne wat tweede in die Wêreld-Sewesreeks van 2001/02 en derde in die 2002-Statebondspele geëindig het. In 2002 speel hy sy eerste internasionale 15-man wedstryd in die onder-21 Rugbywêreldbeker. Tydens die toernooi druk hy vier drieë vir die Junior Bokke. SpringbokHy het sy eerste toets op seniorvlak op 9 November 2002 teen Frankryk in Marseille gespeel, maar doen 'n ernstige knie-besering in die eerste vyf minute van die wedstryd op. Na sy herstel speel hy 'n belangrike rol in die Bokke se "Renaissance van 2004", wat hulle 'n onverwagte oorwinning in die Drienasies-reeks daardie jaar besorg. Beide de Villiers en sy spanmaat van Paarl Gimnasium, Joubert, druk elk drie drieë tydens dié wedstryd. Hy wen die Rugbywêreldbeker 2007 as deel van die Suid-Afrikaanse span, maar hy skeur sy biseps (bo-armspier) tydens die eerste wedstryd en het nie verder aan die toernooi deelgeneem nie. In 2009 wen hy sy tweede Drienasies-reeks saam met die Suid-Afrikaanse span. Hy was ook deel van Suid-Afrika se span tydens die Rugbywêreldbeker 2015. KapteinIn Junie 2012 word hy deur Heyneke Meyer as die Springbokkaptein aangewys. Sy toetsrekord as kaptein is 24 gewen, 11 verloor en twee gelykop (teen Engeland en Argentinië) uit 37 wedstryde.[1] UittredeOp 27 September 2015 kondig De Villiers sy uittrede uit internasionale rugby aan na hy weer sy kakebeen gebreek het op 26 September in 'n wedstryd teen Samoa. Verwysings
Eksterne skakels
|