Joubertspas
Joubertspas is 'n bergpas wat oos van Lady Grey lê op 'n grondpad wat oos wegdraai uit die R58 provinsiale pad in die Witteberge by 30°42′44″S 27°13′55″O / 30.71222°S 27.23194°O. Die pas is amptelik op 17 Desember 1914 geopen. Dit begin onder op 2 236 m en bereik sy hoogste punt op 2 349 m bo seevlak met 'n besonderse maksimum helling van 1:6. Hierdie bergpas is in Suid-Afrika en moet nie met Joubertpas in Namibië verwar word nie. KlimaatDie klimaat op die pas is montaine (bergagtig)[1] en die lug is "dunner" as in die valleie. Die gemiddelde temperatuur was 14 °C. Die warmste maand is Januarie, op 20 °C, en die koudste Junie, teen 6 °C.[2] Gemiddelde reënval is 914 millimeter per jaar. Die natste maand is Desember, op 156 millimeter reën, en die droogste Augustus, op 18 mm.[3]
Sien ookVerwysings
|