Kabinet van Cyril Ramaphosa, Mei 2019
Hierdie kabinet was President Cyril Ramaphosa se tweede, verkleinde kabinet[1][2][3] wat op 30 Mei 2019 ingehuldig is. President Ramaphosa het sy kabinet op 5 Augustus 2021 geskommel, met 10 verskuiwings of nuwe ministersaanstellings, asook 'n aantal nuwe adjunkministers. Die kabinet het tot einde Junie 2024 gedien, waarna dit met die derde kabinet van Cyril Ramaphosa vervang is.
Kabinetsministers
Kabinetskommeling in 2021President Ramaphosa het op 5 Augustus 2021 bykans ‘n derde van sy kabinetslede verander.[4] Dit was die derde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is. Die kabinetskommeling volg op onluste wat in KwaZulu-Natal en Gauteng uitgebreek het ná die inhegtenisname van oudpresident Jacob Zuma. Zuma is op 29 Junie 2021 15 maande se gevangenisstraf opgelê deur die Grondwethof weens minagting van die hof.[5] Die klag spruit uit Zuma se versuim om voor die Regterlike Kommissie van Ondersoek na Bewerings van Staatskaping onder voorsitterskap van adjunkhoofregter Raymond Zondo te verskyn. Berigte dat die staatsveiligheidagentskap en die polisie se misdaadintelligensie onvoorbereid was op die onluste het Ramaphosa genoop om toesig oor die ministerie na die presidensie te verskuif. 'n Ander wesenlike skuif was die bedanking van Tito Mboweni as minister van finansies.[6] Enoch Godongwana is in sy plek aangestel. Kabinetskommeling in 2023President Ramaphosa het weereens op 6 Maart 2023 sy kabinet verander. Dit was die vierde kabinetskommeling sedert hy op 15 Februarie 2018 as president van die land verkies is. Die kabinetskommeling volg op die 55ste Nasionale Konferensie van die African National Congress waartydens Ramaphosa vir 'n tweede termyn as President van die ANC verkies is. Die skommeling het onder andere die aanstelling van Kgosientso Ramokgopa as Minister in die Presidensie verantwoordelik vir elektrisiteit ingesluit, 'n pos wat nuut geskep is weens die voortslepende Suid-Afrikaanse energiekrisis.[7] Gebeure ná die algemene verkiesing van 2024Ramaphosa se party, die African National Congress (ANC), het sy volstrekte meerderheid in die parlementêre verkiesing in 2024 verloor en is tot ’n pluraliteit in die Nasionale Vergadering verminder. Ná die verkiesing het die partye onderhandel oor die vorming van 'n koalisieregering. Op 14 Junie 2024 het die ANC, die Demokratiese Alliansie (DA), die Inkatha Vryheidsparty (IVP) en die Patriotiese Alliansie (PA), ingestem om 'n landmerk- nasionale eenheidsregering te vorm, met Cyril Ramaphosa wat herkies is as president van Suid-Afrika.[8][9] Verwysings
|