Kalsiumsulfaat
Kalsiumsulfaat is 'n sout van kalsium met swaelsuur. Dit het die chemiese formule CaSO4. Dit vorm 'n hemihidraat CaSO4·½H2O en 'n dihidraat CaSO4·2H2O. Dit verloor ½H2O by 128 °C en 2H2O by 163 °C. Die watervrye vorm is higroskopies. [1] Die hidrate kom in die natuur as die mineraal bassaniet[4] en gips [5] voor. Die watervrye vorm word anhidriet genoem en kom ook as mineraal voor.[6] KristalstruktuurKalsiumsulfaat kristalliseer in 'n ortorombiese struktuur wat die argetipe van die H01-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie verteenwoordig. Die struktuur bevat tetraëdriese sulfaatgroepe en die kalsiumatome het agt suurstofbure op vier verskillende afstande.[7] 'n Heksagonale metastabiele vorm, γ-CaSO4 is bekend as oplosbare anhidriet en word deur dehidrasie van die hemihidraat by relatief lae temperature gevorm.[3] Verwysings
|