Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Knysnabos

Die Knysnabos-bioom naby Nature's Valley, in die Tsitsikamma, Suid-Afrika.
Afrocarpus falcatus naby Nature's Valley.

Die inheemse bosse van Knysna strek van Mosselbaai in die weste tot by Harkerville in die ooste en beslaan sowat 45 000 ha regerings- en private grond. Saam met die Tsitsikamabosse verder oos is dit die grootste natuurlike boskompleks in Suid-Afrika. Bosreuse oortrek met hangende korsmos, bosdruiwe (Rhoicissus tomentosa) en heldergroen mos, gepaard met varingbedekte ooptes en kabbelende strome, skep 'n unieke wonderland wat bosvoëls soos die Knysnaloerie (Tauraco corythaix) huisves. Daar is 125 boomspesies, onder andere Outeniekwa- en regte geelhoutbome, rooi- en witelsbome, stinkhoutbome, ysterhout-, witpeer- en assegaaibome, terwyl digte ondergroei en boomvarings welig in die bos groei.

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya