Kougarivier
Die Kougarivier is 'n rivier wat naby Uniondale in die Oos-Kaap, Suid-Afrika ontspring. Dit vloei na die ooste, waar dit aansluit by die Grootrivier om die Gamtoos te vorm ná die Kougadam. Sy belangrikste sytak is die Baviaansrivier, wat by sy linkerbank aansluit net voor die dam.[1] Hierna vloei die rivier deur die Gamtoosvallei[2] op sy laaste tog van 50 km om uit te mond in die Indiese Oseaan naby Humansdorp. EkologieIn 1995 is eksemplare van die Kaapse galaxias (Galaxias zebratus), 'n Suid-Afrikaanse visspesie wat endemies is aan die Kaapse Florastreek, in die Kouga- en die Kromrivier gevind. Tot op daardie stadium, is gemeen dat die verspreiding van die vis tot die gebied tussen die Keurboomsrivier en die Olifantsrivier beperk is.[3] Alhoewel die relatief delikate vis in Suid-Afrika net as naby-bedreig geklassifiseer word, is spesies van dieselfde genus in Australië tot uitwissing gedryf deur mededingende salmsoorte en ander ingevoerde spesies van vis.[4] Die Kougaberge, noord van die rivier, die Kougadam en die Kouga en Kou-Kamma Munisipaliteite is vernoem na hierdie rivier. Sien ookVerwysings
Notas
|