Lughawe Schiphol
Schiphol, of Lughawe Schiphol (Schiphol Airport, Amsterdam Airport of Amsterdam Airport Schiphol in Engels; IATA: AMS, ICAO: EHAM), is die grootste Nederlandse lughawe. Schiphol lê in die munisipaliteit Haarlemmermeer suidwes van Amsterdam, in die provinsie Noord-Holland. Schiphol is die tuishawe van die Nederlandse lugrederye soos KLM, Martinair en Transavia Airlines. Schiphol lê onder die seevlak. Op die plek waar Schiphol nou geleë is was daar 'n vroeër 'n dorp met die naam "Rijk". Die naam "Schiphol" word ook gebruik as pleknaam, sowel as Schiphol-Oost en Schiphol-Rijk. Die lughawe is die eiendom van die Schiphol Groep (statutêre naam: "N.V. Luchthaven Schiphol"), met as aandeelhouers die Nederlandse Staat, en die munisipaliteite Amsterdam en Rotterdam.
Eksterne skakels
Verwysings
|