Lulu Xingwana
Lulama "Lulu" Marytheresa Xingwana (gebore 23 September 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus. Sy was van 2006 tot 2009 minister van landbou en grondsake, en van 2010 tot 2014 minister van vroue, kinders, en mense met gestremdhede. Sy was van 1994 tot 25 Mei 2014 lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika. Politieke standpunteHomoseksualiteitIn Maart 2010 storm Lulu Xingwana uit 'n kunsuitstalling wat sy in haar hoedanigheid as minister van kuns en kultuur bygewoon het omdat die kuns volgens haar "immoreel" was. Volgens 'n anonieme bron was Xingwana gekant teen die vertoning van selfdegeslagverhoudings. Xingwana het deur haar woordvoerder gesê dat die kunswerk "immoreel, aanstootlik en teen nasiebou" was.[1] AfrikanersOp 26 Februarie 2013 het Xingwana aan die Australiese TV-nuuskanaal ABC News gesê: "Jong Afrikanermans word in die Calvinistiese godsdiens grootgemaak wat hulle laat glo dat hulle vroue besit, dat hulle kinders besit, dat hulle alles besit en dat hulle dus 'n lewe kan neem omdat hulle dit besit".[2] Nadat sy hierdie uitlating gemaak het, is sy deur die burgerregte-organisasie AfriForum daarvan beskuldig dat sy "op die grond van ras, geloof en geslag" diskrimineer.[2] Die Afrika Christen Demokratiese Party het die president, Jacob Zuma, gevra om haar af te dank. Die Afrikanerbond het in 'n verklaring gesê dat haar kommentaar 'n "ekstreme verbale aanval op die integriteit van Afrikaners" is en het gespekuleer dat sy die uitlating gemaak het in 'n poging om aandag af te trek van 'n verslag wat wanbestuur in haar departement beskryf.[3] Xinwana het die dag na die omstrede uitlating dit teruggetrek en "onvoorwaardelik" daarvoor om verskoning gevra.[3] Verwysings
Eksterne skakels
|