Maclear
Maclear is 'n dorpie in die Noordoos-Kaap aan die voet van die Drakensberg, sowat 172 km noordoos van Oos-Londen (258 km per pad) en 66 km noordoos van Elliot. Die dorp se naam is op 23 Februarie 2021 verander na Nqanqarhu. Die dorpie is in 1876 gestig en genoem na Haar Majesteit se astronoom aan die Kaap, sir Thomas Maclear.[2] Dit verkry munisipale status in 1916 nadat dit aanvanklik vinnig ontwikkel het uit die militêre pos wat hier gestig is.[2] Maclear is geleë in 'n pragtige groen omgewing en is 'n welbekende plek vir forelhengel.[2] Die Tsitsawaterval is naby die dorp geleë. Maclear beskik oor 'n goeie provinsiale hospitaal.[3] NG gemeente
Maclear was eers 'n buitewyk van die gemeente Ugie en reeds in 1905 is met groot opoffering, omdat die mense hier toe nog baie arm was, 'n kerkgeboutjie opgerig. In 1916 verkry die dorp munisipale status en die gemeente stig van Ugie af met 'n lidmaattal van sowat 400. Die eerste leraar wat die beroep hierheen teen 'n salaris van £250 aangeneem het, was prop. W.R. de Villiers. Hy is slegs 22 maande na hy die beroep aanvaar het, oorlede. Hy is opgevolg deur ds. J.P. Kriel. Sien ookBronne
Verwysings
Eksterne skakels
|