Mangaan(II)karbonaat
Mangaan(II)karbonaat is 'n sout van mangaan in sy 2+ oksidasietoestand en koolsuur met chemiese formule MnCO3. Dit word in die natuur as die mineraal rodochrosiet aangetref. Dit is onoplosbaar in etanol. Dit los op in verdunde anorganiese sure, maar nie in die meeste organiese sure nie. Die varse neerslag is ligpienk maar blootgestel aan die lug verkleur dit bruin.[1] KristalstruktuurMangaan(II)karbonaat kristalliseer in die kalsiet-struktuur[1] (G01 in die strukturbericht-klassifikasie). Mangaan- en kalsiumkarbonate vorm 'n volledige reeks mengkristalle MnxCa1-xCO3 met die kalsietstruktuur. Die logKsp, die logaritme van die oplosbaarheidsproduk, neem amper lineêr af met die waarde van x. [4] Verwysings
|