Menslike-ontwikkelingsindeks
Die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI, Engels: Human Development Index (HDI)) is 'n vergelykende maatstaf van lewensverwagting, geletterdheid, opvoeding, en lewenstandaard vir al die lande van die wêreld. Dit bied 'n standaard wyse om welstand te meet, veral kinderwelstand. Dit word gebruik om te bepaal en aan te dui of 'n land ontwikkelde, ontwikkelende, of onderontwikkelde land is en om die impak wat ekonomiese beleide op lewensgehalte het, te meet.[2] Die indeks is in 1990 deur die Indiese Nobelpryswenner Amartya Sen, Pakistanse ekonoom Mahbub ul Haq, met ondersteuning van Gustav Ranis van Yale Universiteit en Lord Meghnad Desai van die London School of Economics ontwikkel en word sedertdien deur die ontwikkelingsprogram van die Verenigde Nasies in die organisasie se jaarlikse menslike-ontwikkelingsverslag gebruik. Hoewel dit deur Sen as 'n "growwe meting", beskryf is as gevolg van die beperkings daarvan, vestig dit nogtans aandag op aspekte van ontwikkelings wat nie deur per capita-inkomste gedek word nie. Die indeks meet gemiddelde prestasie in 'n land in drie basiese dimensies van menslike ontwikkeling:
VN-lidlande word elke jaar volgens die metings gelys en rangskik. Lande wat hoog op die lys verskyn gebruik dit om geskoolde immigrante te lok of emigrasie te ontmoedig[3] 'n Alternatiewe maatstaf, die Menslike-armoede-indeks, fokus op die mate van armoede in 'n land. 2010-verslag
Metodologie
In die algemeen om 'n rou-veranderlike, sê maar , na 'n eenheidslose indeks om te skakel (wat toelaat dat verskillende indekse by mekaar getel kan word), word die volgende formule gebruik:
waar en onderskeidelik die laagste en hoogste waardes is wat die veranderlike kan bereik. Die Menslike-ontwikkelingsindeks verteenwoordig dan die gemiddeld van die volgende drie algemene indekse:[4]
LW: Lewensverwagting teen geboorte 2006-verslag
Die verslag vir 2006 is in Kaapstad, Suid-Afrika, op 9 November 2006 bekendgestel. Die fokus van die verslag was op "mag, armoede en die globale waterkrisis." [5] Meeste van die data wat vir die verslag gebruik is, dateer uit 2004 of te vore, wat dus 'n indeks vir 2004 verskaf. Nie alle VN-lidlande kies, of is in staat, om die statistiek wat benodig word, te verskaf nie. Die verslag rapporteer 'n vertraging in wêreldwye Menslike-ontwikkelingsindeks aangesien die volgehoue verbeterings in ontwikkelde lande geneutraliseer is deur 'n algemene daling in die ontwikkelende lande. Lande in Afrika suid van die Sahara en Suid-Asië het beduidende dalings in die indeks beleef teenoor die waardes in die vorige verslag. Ander ontwikkelende lande het min of geen vooruitgang getoon nie. 'n Indekswaarde van minder as 0,5 word as verteenwoordigend van lae ontwikkeling gesien. 29 van die 31 lande in die kategorie is in Afrika, die ander twee in die kategorie is Haïti en Jemen. Die lande in Afrika suid van die Sahara wat die hoogste telling behaal het, Ekwatoriaal-Guinee en Suid-Afrika, het onderskeidelik die 120ste en 121ste plekke behaal met 'n waarde van 0.653). 'n Waarde van 0,8 of meer word as verteenwoordigend van hoë ontwikkelling gesien. Dit sluit in alle ontwikkelde lande soos die in Noord-Amerika, Wes-Europa, Oseanië, en Oos-Asië, asook sommige van die ontwikkelende lande in Oos-Europa, Sentraal- en Suid-Amerika, Suidoos-Asië, die Karibiese gebied, en die olieryke Arabiese Skiereiland. Verwysings
|