Micene
Micene of Mukene (Grieks: Μυκῆναι, Mykēnai, of Μυκήνη, Mykēnē) is ’n argeologiese terrein in Griekeland. Dit is sowat 90 km suidwes van Athene op Noordoos-Peloponnesos. Argos is 11 km suid daarvan en Korinthe 48 km noord. In die tweede millennium v.C. was Micene een van die belangrikste sentrums van die Griekse beskawing, ’n militêre vesting wat ’n groot deel van Suid-Griekeland oorheers het. Die deel van die Griekse geskiedenis tussen omstreeks 1600 en 1100 v.C. word die Miceense tydperk genoem met verwysings na Micene. Op sy hoogtepunt in 1350 v.C. het die sitadel en onderdorp ’n bevolking van 30 000 gehad en ’n oppervlakte van 32 hektaar.[1] NaamHoewel die sitadel deur die Grieke gebou is, word geglo die naam is nie Grieks nie, maar een van die Voorgriekse name van die streek.[2][3] Volgens Griekse legendes hou die naam egter verband met die Griekse woord μύκης (mycēs, "sampioen") en die mitologiese figuur Perseus, wat dit genoem het na óf na die punt (mycēs) van sy swaardskede óf ’n sampioen wat hy op die terrein gepluk het.[4] Die vroegste geskrewe vorm van die naam is Mykēnē (Μυκήνη), wat in Homeros se Ilias aangetref word.[5] Die Miceense vorm is Mukānai, wat ’n meervoudsvorm het soos Athānai. Verwysings
Bronne
Eksterne skakels
|