Muhammad Ali Jinnah
Muhammad Ali Jinnah (Oerdoe: محمد علی جناح ALA-LC: Muḥammad ʿAlī Jināḥ, gebore Mahomedali Jinnahbhai; 25 Desember 1876 – 11 September 1948) was 'n prokureur, politikus en die stigter van die Islamitiese Republiek van Pakistan. Na die Partisie van Indië het hy as Pakistan se eerste goewerneur-generaal gedien. In Pakistan is hy bekend as Quaid-i-Azam (Oerdoe: قائد اعظم, letterlik: "Groot Leier") en Baba-i-Qaum (Oerdoe: بابائے قوم, letterlik: "Vader van die nasie"). LewensgeskiedenisJinnah is op 25 Desember 1876 as Mahomedali Jinnahbhai in 'n Gujarati-sprekende familie in Karatsji gebore. Sy vader se naam was Jinnah Poonja en sy moeder se naam was Mithibai, sy familie het na Sindh van die Kathiwar-gebied van Gujarat gemigreer. In 1891 het hy na Londen verhuis, hy het regsgeleerdheid aan Lincoln's Inn gestudeer and daar begin hy ook om in die politiek deel te neem. In 1906 word hy 'n lid van die Indian National Congress, een van die grootste politieke organisasies van Indië wat 'n verenigde Indië ondersteun het. Maar in 1913 besluit hy om 'n lid van die All India Muslim League te word, die politieke organisasie het vir 'n aparte volkstaat vir die Indiese Moslem-bevolking geëis. Eksterne skakels
|