Die Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel (Sweeds: Sveriges riksbanks pris i ekonomisk vetenskap till Alfred Nobels minne), oftewel Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe of Nobelprys vir Ekonomie, word sedert 1969 elke jaar deur die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe aan mense toegeken, wat 'n besondere bydra tot die ekonomiese wetenskappe gelewer het, hoewel Alfred Nobel in sy testament nie vir dié prys voorsiening gemaak het nie. Dit word as gelykwaardig aan al die ander Nobelpryse beskou, maar staan amptelik as "gedenkprys ter ere van Alfred Nobel" bekend. Die prys word soms vir sy nieamptelike karakter, maar desondanks gelykwaardigheid met al die ander Nobelpryse, gekritiseer. Nogtans word dit as belangrikste toekenning in die vakgebied van Ekonomiese Wetenskappe beskou.
Die akademie kondig die naam van die Nobelpryswenners jaarliks vroeg in Oktober aan,[1] met die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe tradisioneel laaste en op 'n Maandag. Die prys word jaarliks in Stockholm, Swede, toegeken op 10 Desember, die herdenking van Nobel se dood. Tot en met 2024 is die prys aan altesaam 96 individue toegeken.[2] Nog net drie vroue het dit gekry: Elinor Ostrom in 2009, Esther Duflo in 2019 en Claudia Goldin in 2023.[3]
Die 2024-Sweedse Ryksbankprys in Ekonomiese Wetenskappe ter nagedagtenis aan Alfred Nobel is toegeken aan Daron Acemoglu, Simon Johnson en James A. Robinson "vir studies oor hoe instellings gevorm word en welvaart affekteer".[4]
Die pryse, wat 'n bedrag geld (SEK9 miljoen, omtrent VSA$1 miljoen per pryskategorie, wat dan gelykop onder die Bekroondes verdeel word),[5] 'n goue medalje en 'n diploma insluit, word op 10 Desember, die herdenking van Nobel se sterfdag in 1896, tydens 'n seremonie deur die Sweedse koning, tans Carl XVI Gustaf van Swede, in die Stockholmse Konsertsaal uitgedeel.
Hieronder volg 'n lys van die ontvangers van die Nobelprys vir Ekonomiese Wetenskappe vanaf 1969 tot op hede.
"vir die wetenskaplike werk waardeur hy statiese en dinamiese ekonomiese teorieë ontwikkel en aktief bygedra het tot die verhoging van die vlak van analise in ekonomiese wetenskap"
"vir sy empiriese gegronde interpretasie van ekonomiese groei wat gelei het tot nuwe en verdiepte insig in die ekonomiese en sosiale struktuur en proses van ontwikkeling"
"vir hul baanbrekerswerk in die teorie van geld en ekonomiese skommelinge en vir hul indringende analise van die interafhanklikheid van ekonomiese, sosiale en institusionele verskynsels"
"vir sy prestasies op die gebied van verbruiksanalise, monetêre geskiedenis en teorie en vir sy demonstrasie van die kompleksiteit van stabiliseringsbeleid"
"omdat hy fundamentele bydraes gelewer het tot die ontwikkeling van stelsels van nasionale rekeninge en dus die basis vir empiriese ekonomiese ontleding aansienlik verbeter het"
"vir sy ontdekking en verduideliking van die betekenis van transaksiekoste en eiendomsreg vir die institusionele struktuur en funksionering van die ekonomie"
London School of Economics
Universiteit van Chicago, London School of Economics
"vir die uitbreiding van die domein van mikro-ekonomiese analise tot 'n wye verskeidenheid van menslike gedrag en interaksie, insluitende niemarkgedrag"
"om navorsing in die ekonomiese geskiedenis te hernu deur ekonomiese teorie en kwantitatiewe metodes toe te pas om ekonomiese en institusionele veranderinge te verduidelik"
"vir die ontwikkeling en toepassing van die hipotese van rasionele verwagtings, en sodoende transformasie van makro-ekonomiese ontleding en verdieping van ons begrip van ekonomiese beleid"
"omdat hulle insigte van sielkundige navorsing in ekonomiese wetenskap, veral met betrekking tot menslike oordeel en besluitneming onder onsekerheid, geïntegreer het"
↑(en) "Nobel Prize Awarded Women". Nobelprize.org. Nobel Media 2024. 14 Oktober 2024. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2018. Besoek op 14 Oktober 2024.