Outjo
Outjo (Herero: klein koppe) is 'n dorp met 6 000 inwoners in die Kunene-distrik van Namibië. Dit is die setel van die Outjo-kiesafdeling in die distrik. Die dorp is bekend as 'n belangrike poort na die Etosha Nasionale Park.[1] Outjo is in 1897 deur die Duitsers onder bevel van kol. Theodor von Leutwein as 'n militêre basis gestig. Die doel hieragter was om die noordelike gebied van Duitswes-Afrika verder te verken. Die plaaslike historiese museum (Franke Haus Museum) dokumenteer die veldtog van majoor Victor Franke deur Ovamboland. Die "Impalila-monument" gedenk die strafekspedisie van majoor Victor Franke in Oktober 1914 teen die Portugese fort van Impalila in Angola.[2] Dit volg nadat 'n Duitse afvaardiging wat gestuur is om 'n verdrag van nie-aggressie te onderhandel vermoor is. Die dorp lê naby die Gamkarab-grot, wat bekend is vir sy stalaktiete, stalagmiete en sy pietersiet (stormsteen). Die grotte is op privaat grond en dus nie oop vir die publiek nie. Sien ookVerwysings
Eksterne skakels
|