Palladiumsulfied is 'n halfgeleier met 'n direkte bandgaping van 1,6 eV en 'n hoë absorpsiekoëffisiënt (a ~105 cm-1 by hν>2,0eV) wat bestudeer is vir gebruik in fotoëlektrochemiese[4] en fotovoltaïese[5]sonselle.
Kristalstruktuur
Palladiumsulfied kristalliseer in 'n tetragonale struktuur wat die argetipe van die B34-struktuur van die strukturbericht-klassifikasie is. Die palladiumatome word deur 'n vlak vierkant van vier swaelatome omring.[2]
Eienskappe
Die stof kan verkry word deur poeiers van die elemente in kwartsampulle in 'n vakuum te verhit.
PdS het interessante elektriese eienskappe. Tot 200K neem die geleidbaarheid σ toe soos 'n halfgeleier maar van 200K tot 600K is dit amper konstant. Bo 600K neem dit weer toe. Die Seebeck-koëffisiënt S is groot en negatief (400 μV/K teen 350K sonder dotering) wat daarop dui dat die geleiding veral deur elektrone veroorsaak word. Die termoëlektriese kragfaktor PF=S2σ is baie hoog (27μW/cm.K2 by 800K) wat dit 'n interessante materiaal vir opwekking van termoëlektriese elektrisiteit maak.[6]
Wanneer palladiumsulfied by temperature van 150 °C aan waterstofgas blootgestel word, verloor die verbinding 'n deel van sy swael en vorm Pd4S wat 'n kragtige katalisator vir die selektiewe hidrogenering van asetileen is:[7]
↑J.C.W. Folmer, J.A. Turner, B.A. Parkinson (1987). "Photoelectrochemical characterization of several semiconducting compounds of palladium with sulfur and/or phosphorus". J. Solid State Chem. 68: 28.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)
↑I.J. Ferrer, P. Díaz-Chao, A. Pascual, C. Sánchez (2007). "=An investigation on palladium sulphide (PdS) thin films as a photovoltaic material". Thin Solid Films. 515 (15): 5783–5786. doi:10.1016/j.tsf.2006.12.079.{{cite journal}}: AS1-onderhoud: gebruik authors-parameter (link)