Parsiële drukVolgens Dalton se wet (of meer volledig Dalton se wet van parsiële druk) is die parsiële druk van 'n komponent in 'n gasmengsel van nie-reagerende gasse gelyk aan die molfraksie vermenigvuldig met die totale druk van die gasmengsel. Verder is die som van die parsiële druk van elke komponent gelyk aan die totale druk. Waar:
Hierdie model geld slegs as daar geen interaksie tussen die komponente is wat kan veroorsaak dat een komponent 'n ander se dampdruk beïnvloed of die vlugtigheid van 'n komponent afhang van sy persentasie in 'n mengsel. Gestel komponent i kom ook in die vloeistoffase voor in die totale mengsel dan is die parsiële druk van komponent i in die gasfase gelyk aan die dampdruk van komponent i by die mengseltemperatuur. Byvoorbeeld, veronderstel jy het 'n mengsel van water en metaan by 100 °C en 1000 kPa en daar is ook water in die vloeistoffase teenwoordig by ekwilibrium, dan gaan die parsiële druk van die water in die gasfase gelyk wees aan die dampdruk van water by 100 °C. Volgens stoomtabelle is die dampdruk van water by 100 °C, 101.325 kPa. Dus gaan die molfraksie van water in die gasfase die volgende wees:
VoorbeeldJy het die volgende mengsel van stowwe by 200 °C en 2000 kPa(a):
Uit watter fases bestaan hierdie mengsel (damp alleen, vloeistof alleen of 'n mengsel van damp en vloeistof)? Wat is die samestelling van elke fase? Antwoord:
Omdat die komponente H2, CO, CO2 en CH4 se dampdrukke baie hoër is as die mengsel se druk, sal hierdie komponente in die gasfase wees. Water se dampdruk is egter laer as parsiële druk van water in die mengsel, dus sal daar vloeistof wees. Dus sal die mengsel uit beide damp en vloeistof bestaan. Die maksimum hoeveelheid water wat in die gasfase kan wees is: Die ander komponente is almal in die dampfase, dus is die fraksie van die res 1 - 0.7775 = 0.2225 Dus is die samestelling van die gasfase die volgende:
Dus is die totale hoeveelheid mol damp = 100/0.2225 = 449.4 kmol Dus is die hoeveelheid mol water in die dampfase = 100/0.2225 × 0.7775 = 349.4 Die hoeveelheid vloeistof is dus 400-349.4 = 50.6 kmol, en bestaan net uit water. Kyk ook |