Paul Roux
Paul Roux is 'n dorp in die Oos-Vrystaat, Suid-Afrika. GeskiedenisDie dorp is in 1909 gestig op die plaas Wassou maar was eers Duplessisville genoem ter ere van ene Frans du Plessis. Die plek wat gekies is, was 'n rusplek van die vroeë Voortrekkers, togryers en poskarryers. Die dorp is later na ds. Paul Roux genoem wat 'n generaal in die Tweede Vryheidsoorlog was. Paul Roux is bekend vanweë historiese dinosourusvoetspore wat op 'n plaas in die omgewing te sien is, asook die feit dat 'n voormalige Eerste Minister en later Staatspresident van Suid-Afrika, PW Botha, op die plaas Telegraaf naby die dorp gebore is. OmgewingDie dorp is bekend vir sy netjiese sandsteengeboue. Gemengde boerdery word in die omgewing beoefen. Populierbome word verbou waarvan vuurhoutjies vervaardig word. Die N5 nasionale pad oos na KwaZulu-Natal gaan deur die dorpie. Noemenswaardige boorlinge
Sien ookVerwysings
Bronne
Eksterne skakels
|