Port Elizabeth-lughawe
Port Elizabeth Internasionale Lughawe (IATA-kode: PLZ, ICAO: FAPE) is 'n lughawe wat Gqeberha, die grootste stad in die Oos-Kaap, Suid-Afrika, bedien. Dit het voorheen bekend gestaan as H. F. Verwoerd-lughawe. Ter ere van 'n ontslape Koisanleier, is die Port Elizabeth-lughawe op 23 Februarie 2021 amptelik herdoop tot die Hoofman Dawid Stuurman Internasionale Lughawe.[3] Die lughawe is sowat twee myl suid van die stad se sakekern geleë. Vanaf die meeste stadsbuurte neem 'n rit na die lughawe minder as tien minute, en derhalwe word dit dikwels die "Tien-minute-lughawe" genoem. Die lughawe word, net soos nege ander groot lughawens in die land, deur die Lughawemaatskappy van Suid-Afrika (ACSA) besit en bedryf. Die lughawe hanteer jaarliks meer as een miljoen passasiers en 800 ton vrag, waaronder blomme, bevrore kreef, vleis, volstruisvelle en sampioene. Die sentrale terminaal is ter geleentheid van die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 uitgebrei vir 'n maksimum kapasiteit van twee miljoen passasiers per jaar. OntstaanPort Elizabeth-lughawe is oorspronklik in 1929 deur luitenant-kolonel Miller gestig wat 'n vliegveld vir sy lugposdiens tussen Port Elizabeth en Kaapstad benodig het. Toe dit in 1936 amptelik as lughawe geopen is, het dit oor 'n enkele aanloop- en landingsbaan beskik. Navigasiehulp
Lugdienste en bestemmings
Passasiersvolumes
Verwysings
|