Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Roggeveldberge

Roggeveldberge
Ligging Noord-Kaap, Suid-Afrika
Hoogte 1 739 meter bo seevlak
Koördinate 31°53′S 19°55′O / 31.883°S 19.917°O / -31.883; 19.917
Ligging van Roggeveldberge op 'n kaart (Suid-Afrika)
Roggeveldberge
Roggeveldberge

Die Roggeveldberge is 'n bergreeks in 'n afgeleë gebied van die Suid-Afrikaanse provinsie Noord-Kaap, wat baie min deur toeriste besoek word. Dit word ook baie min op kaarte van Noord-Kaap of Suid-Afrika aangedui, want dit is nie so bekend nie. Die naam Roggeveld is afgelei van die wilde rog wat vroeër volop in die gebied voorgekom het.

Die bergreeks lê tussen die dorpe Calvinia, 'n sentrum van die wolbedryf in Suid-Afrika, en Sutherland, die sentrum van die sterrekunde in Afrika en die koudste dorp in die land, oos en noordoos van die Tankwa Karoo Nasionale Park. Die Oubergpas in die Roggeveldberge lê 1 404 meter bo seevlak en die hoogste piek is die Sneeukrans op 1 739 meter. Rondom die Roggeveldberge strek die maanagtige landskap van die Moordenaarskaroo.

Daubenya aurea is 'n bedreigde plantspesie wat slegs op die berg voorkom.

Sien ook

Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya