Ronnie GovenderSathiseelan Gurilingam "Ronnie" Govender OIS (16 Mei 1934 - 29 April 2021) was 'n Suid-Afrikaanse dramaturg, teaterregisseur en aktivis bekend vir sy gemeenskapsteaterpogings.[1] Hy was bekend as 'n pionier van die Indiese Suid-Afrikaanse teater in die land. Sommige van sy noemenswaardige werke sluit in: Black Chin White Chin, Song of the Atman, en At the Edge and Other Cato Manor Stories. At the Edge het die 1997 ''Commonwealth Writers' Prize'' gewen vir beste eerste boek uit Afrika. Govender het die regering van Suid-Afrika se Orde van Ikhamanga ontvang in 2008 vir sy bydraes tot demokrasie, vrede en geregtigheid in die land deur middel van teater. Vroeë leweSathiseelan Gurilingam Govender is gebore op 16 Mei 1934 in Cato Manor, 'n Indiese gebied van Durban.[2]Sy vader is ook in Cato Manor gebore, terwyl sy moeder in Fynnlands, 'n ander deel van Durban, gebore is. Sy grootouers aan beide kante van die gesin kom van Suid-Indië. Na voltooiing van hul termyn van kontrakarbeid, het sy grootouers hulle in Cato Manor gevestig. Soos ander Indiese gesinne in Suid-Afrika, het hulle 'n klein stuk grond gekoop om groente te verbou. Sy oupa aan moederskant het 'n hoftolk geword. Sy pa was 'n vragmotorbestuurder en sy ma 'n huisvrou. Govender het tien broers en susters.[2] Persoonlike leweSy dogter, Pregs Govender, is 'n menseregte aktivis en voormalige LP.[3] Govender sterf op 29 April 2021 as 'n gevolg van ouderdom verwante siektes. Hy was 86 jaar oud.[4] Werke
Verwysings
Eksterne skakels
|