Rudie van Vuuren
Rudolf Jansen van Vuuren (gebore op 20 September 1972 in Windhoek, Namibië) is 'n Namibiese geneesheer, natuurbewaarder en voormalige sportman. Rudie van Vuuren is in Desember 2000 met die Namibiese natuurbewaarder Marlice van der Merwe getroud. Hulle bestuur saam N/a’an ku sê Wildlife Sanctuary. Hy is die persoonlike geneesheer van die President van Namibië, Hage Geingob. SportVan Vuuren is veral bekend daarvoor dat hy sy land tydens beide die Krieketwêreldbeker 2003 en die Rugbywêreldbeker 2003 verteenwoordig het; gevolglik het hy die eerste en enigste man geword wat in dieselfde jaar in twee sportkodes, krieket en rugby, in 'n wêreldbekertoernooi verskyn het.[1] Hy was die eerste Namibiër wat vyf paaltjies geneem het in 'n Internasionale eendagwedstryd, wat hy teen Engeland vermag het.[2] NatuurbewaringsprestasiesIn 2005 het Marlice en Rudie saam met hul jarelange vriend Chris Heunis die plaas Ovuuyo gekoop, 42 km buite Windhoek waar hulle 'n organisasie vir bewaringstoerisme begin het en dit die naam N/a'an ku sê (Naankuse) gee, wat beteken dat God ons sal beskerm. N/a'an ku sê het sterk bande met Angelina Jolie en haar gesin, spesifiek met haar dogter Shiloh wat in Namibië gebore is. N/a'an ku sê Wildlife Sanctuary is in 2007 geopen. Verwysings
Eksterne skakels |