Simfonie no. 6 in F-majeur, op. 68 (Beethoven)
Die Simfonie no. 6 in F-majeur, op. 68, ook bekend as die "Pastorale Simfonie" (Duits: Pastorale[1]), is 'n simfonie wat deur Ludwig van Beethoven gekomponeer en in 1808 voltooi is. Dit is een van Beethoven se min werke wat uitgesproke programmaties van aard is,[2] en is vir die eerste keer op 22 Desember 1808 saam met sy Vyfde Simfonie in die Theatre an der Wien tydens 'n vier uur lange konsert uitgevoer.[3][4] AgtergrondBeethoven was 'n natuurliefhebber wat 'n groot deel van sy tyd aan staptogte in die platteland bestee het. Hy het Wene gereeld verlaat om in die platteland te werk. Die komponis het gesê dat die Sesde Simfonie "meer die uitdrukking van gevoel as 'n skildery" is,[5] 'n punt wat deur die titel van die eerste beweging benadruk word. Die eerste sketse van die Sesde Simfonie het in 1802 verskyn. Dit is gelyktydig met Beethoven se meer bekende Vyfde Simfonie gekomponeer. Albei simfonieë is vir die eerste keer op 22 Desember 1808 in 'n lang en swak voorbereide konsert in die Theater an der Wien in Wene uitgevoer. Frank A. D'Accone het voorgestel dat Beethoven die programmatiese idees ('n herdersdans, voëls wat sing, strome wat vloei en 'n donderstorm) vir sy vyfbewegingvertelling ontleen het aan Le Portrait musical de la Nature ou Grande Symphonie, wat in 1784 deur Justin Heinrich Knecht (1752–1817) gekomponeer is.[6] InstrumentasieDie simfonie is vir die volgende instrumente georkestreer:
VormDie simfonie het vyf eerder as die konvensionele vier bewegings (wat tipies is van simfonieë voor Beethoven), hoewel daar geen pouses tussen die laaste drie bewegings is nie. Beethoven het 'n programmatiese titel aan die begin van elke beweging geskryf:
’n Uitvoering van die werk duur sowat 40 minute. I. Allegro ma non troppoDie simfonie begin met 'n rustige, dog vrolike beweging wat die komponis se gevoelens uitbeeld wanneer hy in die platteland aankom. Die beweging, in 2/4-tyd en sonatevorm, is omvattend ontwikkel. Op verskeie punte bou Beethoven orkestekstuur op deur veelvuldige herhalings van baie kort motiewe. Yvonne Frindle het opgemerk dat "die oneindige herhaling van patroon in die natuur oorgedra word deur ritmiese selle, die omvang daarvan deur volgehoue suiwer harmonieë."[7] II. Andante molto motoDie tweede beweging is weer in sonatevorm, maar hierdie keer in 8/12-tyd en in B-mol-majeur, die subdominant van die hooftoonaard van die werk. Dit begin met die strykers wat 'n motief speel wat kabbelende water naboots. Die tjello's is verdeel – slegs twee speel die motief wat die kabbelende water voorstel (gemerk "soli con sordini"), terwyl die res van die tjello's meestal pizzicato-note saam met die basviole speel. Aan die einde van die beweging is 'n kadens vir houtblaasinstrumente wat voëlroepe naboots. Beethoven het die voëlspesies in die partituur hulpvaardig geïdentifiseer: 'n nagtegaal (deur die fluit gespeel), 'n kwartel (deur die hobo) en 'n koekoek (deur die klarinet).
III. AllegroDie derde beweging is 'n scherzo in 3/4-tyd, wat 'n plattelandse volksdans en feesviering uitbeeld. Dit is weer in F-majeur, die hooftoonaard van die simfonie. Die beweging is 'n veranderde weergawe van die gewone vorm vir scherzi, deurdat die trio twee keer eerder as net een keer verskyn, terwyl die derde verskyning van die scherzo-tema afgekap is. Dit was moontlik om hierdie redelik ruim verwerking te akkommodeer dat Beethoven nie die gewone interne herhalings van die scherzo en die trio gemerk nie. Theodor Adornoidentifiseer hierdie scherzo as die model vir die latere scherzo's van Anton Bruckner.[8] Die finale terugkeer na die tema dra 'n oproerige atmosfeer met 'n vinniger tempo oor. Die beweging eindig skielik en lei sonder 'n pouse na die vierde beweging. IV. AllegroDit is in die vierde beweging (in F mineur en in 4/4-tyd) dat Beethoven die grootste instrumentasie in die hele simfonie vereis. Dit beeld 'n hewige donderstorm met noukeurige realisme uit, wat begin met veraf donderweer (sagte tremolo's deur die tjello's en basse) en 'n paar druppels reën (agtstenote deur die viole) en groei tot 'n enorme klimaks met harde donderweer (keteltromme), weerlig (piccolo), sterk, tierende winde (warrelende arpeggio's deur die strykers), en swaar reënbuie (sestiendenoot-tremolo's deur die strykers). Deur trombone later in die beweging by te voeg, skep Beethoven 'n verdere indrukwekkende effek. Die storm woed homself uiteindelik uit, met 'n donderslag wat nog af en toe in die verte gehoor word. 'n Stygende toonleergedeelte op die solofluit simboliseer 'n reënboog. Daar is 'n naatlose oorgang na die finale beweging. Hierdie beweging boots Mozart se tegniek in sy Strykkwintet in G-mineur (KV 516) van 1787 na, waarin 'n eweneens rustige slotbeweging voorafgaan word deur 'n lang, emosioneel stormagtige inleiding.[9] V. AllegrettoDie finale, weer in F-majeur en in 6/8-tyd, is, is in sonate/rondo-vorm, in 'n inleiding-[ABA]-C-[ABA]-koda-struktuur. Soos baie finales beklemtoon hierdie beweging 'n simmetriese agtmaattema, in hierdie geval verteenwoordigend van die herders se danklied. Die laaste A-afdeling begin rustig en bou geleidelik op tot 'n ekstatiese hoogtepunt vir die volle orkes (buiten die piccolo en keteltromme), met die eerste viole wat baie vinnige triool- tremolo's op 'n hoë F speel. Daar volg 'n vurige koda wat 'n gebed suggereer, wat Beethoven pianissimo, sotto voce merk. Die meeste dirigente vertraag die tempo vir hierdie gedeelte. Ná 'n kort tydperk van 'n na-gloei eindig die werk met twee nadruklike F-majeur-akkoorde. In populêre kultuur
Verwysings
Bronne
Verdere leeswerk
Eksterne skakels |