Suid-Carolina
Suid-Carolina (Engels: State of South Carolina) is 'n deelstaat in die suidooste van die Verenigde State van Amerika. Die hoofstad en grootste stad is Columbia. Suid-Carolina het 'n bevolking van 5,2 miljoen en 'n oppervlakte van 82 931 vierkante kilometer. Die deelstaat word in die noorde deur Noord-Carolina, en in die weste deur Georgia begrens. Die Atlantiese Oseaan lê in die ooste. Dit is die agtste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Suid-Carolina was een van die oorspronklike 13 deelstate wat in opstand teen die Britse heerskappy gekom het. Dit was ook een van die deelstate wat die Gekonfedereerde State van Amerika gevorm het. Suid-Carolina was die eerste deelstaat wat van die Unie afgestig het (1860). Suid-Carolina se bynaam is The Palmetto State. 'n Palmetto is 'n tipe van dwergpalm. Eksterne skakels
|