Tierboskat
Die tierboskat (Leptailurus serval) is 'n medium-grootte wildekat wat in Afrika voorkom. Identifikasie'n Volwasse tierboskat het 'n gemiddelde hoogte van 50 cm en 'n lengte van ongeveer 130 cm, insluitende sy stert, wat ongeveer 40 cm lank kan wees. Die tierboskat is 'n slank en langbenige kat, met 'n kort stert. Hy het 'n klein kop met groot, ovaal ore, wat naby aan mekaar geleë is. Sy lyf is versier met kolle op 'n dof-bruin pels; die kolle verander in strepe op sy rug en bene. HabitatDie tierboskat word hoofsaaklik in grasvelde aangetref, alhoewel daar ook melanistiese diere voorkom wat meer dikwels in bergagtige gebied voorkom. Tierboskatte benodig water en woon dus nie in semi-woestyne of droë steppes nie. DieetTierboskatte is karnivore wat gewoonlik klein soogdiere en voëls eet, maar hulle eet ook dikwels insekte (onder andere kewers). Voortplanting'n Wyfie se werpsel bestaan gewoonlik uit ±3 kleintjies. Sien ook
Bronnelys en verwysings
|