Titaan(IV)nitraat
Titanium(IV)nitraat is 'n molekulêre verbinding van titaan in sy hoogste +4 oksidasieotestand met nitraat-groepe as sy ligande.[2] KristalstruktuurDie stof kristalliseer in 'n monokliniese struktuur wat uit Ti(NO3)4-molekules bestaan. Die sentrale titaanatoom het 'n agtvoudige koöridinasie deur vier bidentate nitraatgroepe. [3] Chemiese eienskappeDit kan verkry word deur 'n reaksie tussen titaan(IV)chloried en distikstofpentoksied in koolstoftetrachloried teen lae temperature.[2] 'n Ander reaksie is met chloornitraat, ook by lae temperature:[2] Titaan(IV)nitraat kan by +50 °C onder vacuum gesublimeer word, maar dit ontbind maklik na TiO(NO3)3 wat nie vlugtig is nie. Die stof is baie higroskopies en kan net gebruik word as reagens in organiese reaksie indien dit in 'n inerte atmosfeer sonder vog gebeur. Dit nitrateer organiese molekules soos benseen, tolueen, ntirobenseen en chlorobenseen. [4] Verwysings
|