Tokelau
Tokelau (letterlik: "noordnoordoos") is 'n groep van drie eilande in die suidelike deel van die Stille Oseaan en lê in Polinesië. Die argipel is 'n afhanklike gebied onder Nieu-Seelandse beheer. Die drie eilande beslaan 'n totale oppervlakte van 10 vierkante kilometer en het 'n bevolking van 1 499 in 2016 gehad. Tokelau lê in die ooste van die Tuvalu, in die suide van Kiribati, in die weste van die Cookeilande en in die noorde van Samoa en van Amerikaans-Samoa. Die eiland het geen amptelike hoofstad nie en al drie eilande het hul eie hoofstad.
SportGewilde sportsoorte op Tokelau is rugby, netbal en kilikiti, 'n plaaslike soort krieket.[7] Netbal is glo deur Britte na Tokelau gebring, maar dit het veral gewildheid verwerf, toe Nieu-Seeland beheer oor die eiland oorgeneem het. Die sport word gewoonlik tydens intereilandse sporttoernooie beoefen, langs ander sportsoorte soos Rugby League en vlugbal.[8] Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
|