Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit
Die Umsobomvu Plaaslike Munisipaliteit (voorheen bekend as Towerberg Plaaslike Munisipaliteit) is een van die plaaslike munisipaliteite in die Pixley ka Seme-distriksmunisipaliteit in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die setel van die munisipaliteit is in Colesberg. Die meeste inwoners in die munisipale gebied is Xhosasprekend, gevolg deur Afrikaans. NedersettingsNedersettings in die munisipaliteit: PolitiekDie munisipale raad bestaan uit tien lede verkies deur gemengde lid-proporsionele verteenwoordiging. Vyf raadslede word deur eerste-oor-die-wenstreep stemmery verkies in vyf wyke, terwyl die oorblywende vyf verkies word uit partylyste, sodat die totale aantal van die party-verteenwoordigers eweredig is aan die aantal stemme ontvang. Sedert die verkiesing van 18 Mei 2011 het die African National Congress (ANC) 'n meerderheid van sewe setels in die raad. |