Universiteit van Pretoria
Die Universiteit van Pretoria (algemeen na verwys as UP, Tuks, of Tukkies) is 'n multikampus openbare navorsingsuniversiteit in Pretoria, die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika. Die universiteit het in 1908 ontstaan as die Pretoriakampus van die Johannesburg-gebaseerde Transvaalse Universiteitskollege (waarvan die naam Tukkies afgelei is) en het gegroei uit die oorspronklike 32 studente in 'n enkele laat-Victoriaanse huis tot ongeveer 39 000 in 2010. Die universiteit het in 1930 selfstandig geword toe die Privaatwet op die Universiteit van Pretoria (Wet no. 13 van 1930) die universiteit tot 'n onafhanklike universiteit verklaar het, met Tielman Roos as eerste kanselier (tot 1932). Sedert 1997 het die Universiteit meer navorsingsuitsette elke jaar as enige ander instelling van hoëronderwys in Suid-Afrika geproduseer, soos gemeet deur die Departement van Onderwys se akkreditasiemaatstaf. In 2008 het die universiteit 15,8% van alle meesters- en doktorsgrade in Suid-Afrika toegeken, die hoogste persentasie in Suid-Afrika. HedeIn die 1980s het die universiteit sowat 13 000 studente gehad, maar in 2005 was daar reeds 38 499 inwonende studente aan die universiteit geregistreer, teenoor 28 093 in 2000. Die verhouding tussen wit en swart was 60:40. Buiten die residensiële studente was daar ook sowat 13 000 studente wat vir die universiteit se afstandsonderrigprogramme ingeskryf het, hoofsaaklik in die Fakulteit Opvoedkunde. Van hulle was meer as 95% swart. Klasse het in 1989 op die Witbank-kampus begin. FakulteiteDie universiteit het nege fakulteite:
Hatfieldkampusgeboue
Koshuise
Noemenswaardige personeel
Bekende alumni
Sien ookBronne
Verwysings
Eksterne skakels
|