Valuair
Valuair (Chinees: 惠 旅 航空) is 'n laekostelugredery wat in Singapoer gebaseer is. Dit is in 2004 geloods, met aanvanklike vlugte na Bangkok en Hongkong. Dit onderskei homself van ander laekosterederye omrede dit fieterjasies aanbied soos 'n bagasietoelaag van meer as 20 kg, etes tydens die vlugte, vooraftoekenning van sitplekke, en 'n 32 duim sitplekafstand. Die redery is in 2005 verkry deur Jetstar Asia Airways, tog is die Valuair-merk behou vir Jetstar Asia se geskeduleerde dienste aan die groot stede van Indonesië. Die suidwesvleuel van Vlak 3 in Terminaal 1 op Singapoer Changi Lughawe huisves die lugredery se hoofkantoor.[1] BestemmingsValuair bied tans vlugte van sy basis in Singapoer na Jakarta, Denpasar en Surabaya, met Bangkok as 'n kodedeel saam met Jetstar Asia Airways. Sedert sy samesmelting met Jetstar Asia, het die lugredery sy vlugte na Perth, Hongkong, Xiamen, Chengdu en Bangkok beëindig, as deel van die konsolidasieproses tussen die twee rederye. Hierdie lys toon alle huidige en voormalige bestemmings, insluitende die stad bedien, die land, die lughawe, en die begin- en die eindjaar van die diens.
Jetstar Asia Airways vlootTeen Januarie 2014 het Jetstar Asia oor die volgende vliegtuie beskik:
AanboordverversingsPassasiers kan aanboord voedsel en drankies by die vlugkelners koop. Op vlugte van Valuair, mag passasiers slegs voedsel en drankies nuttig wat hulle aanboord gekoop het, tensy die passasier(s) spesiale dieetbehoeftes het. Voor die samesmelting was maaltye en drankies ingereken by die vliegkaartjie se prys.[2] Verwysings
|