In die skildhoek ’n wit reghoek met die taeguk waaragter twee ankers gekruis is op ’n blou vaandel.
Die nasionale vlag van Suid-Korea is op 15 Augustus1948 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n enkele wit baan met ’n rooi-en-blou taeguk (’n simbool wat balans voorstel) in die middel en ’n trigram gaande na elke hoek van die vlag. Die Koreaanse naam van die vlag is Taegeukgi (of Taegukgi, Koreaans: 태극기; letterlik: “taegeuk-vlag”).
Vlae soortgelyk aan die huidige Taegeukgi is as die nasionale vlag van Korea deur die Joseondinastie, die Koreaanse Keiserryk, asook die Koreaanse regering in ballingskap tydens die Japannese heerskap gebruik. Toe Suid-Korea op 15 Augustus 1945 van Japan onafhanklikheid verkry het, het dit die Taegeukgi as sy nasionale vlag in gebruik geneem.
Simboliek
Die vlag se wit veld is ’n tradisionele kleur in die Koreaanse kultuur. Wit was in die 19de eeu ’n algemene verskynsel in die kleredrag van Koreane; dit kom steeds voor in kontemporêre weergawes van tradisionele Koreaanse kledingstukke soos die hanbok. Die kleur stel vrede en reinheid voor.[2]
Die skyf in die middel van die vlag is afgelei van die filosofie van jin en jang en stel balans in die wêreld voor. Die rooi helfte stel positiewe kosmiese kragte (jang) voor terwyl die blou helfte die teenoorstaande negatiewe kosmiese kragte (jin) voorstel.
Die trigramme stel saam beweging en harmonie voor as grondbeginsels. Elke trigram (hangeul: 괘 [gwae]; hanja: 卦) stel een van die vier klassieke elemente voor,[3] soos hieronder uiteengesit:
Die afwesigheid van ’n nasionale vlag het eers in 1876 ’n gesprekspunt in Korea geword in die tyd van die Joseondinastie. Voor 1876 het Korea geen behoefte aan ’n nasionale vlag gehad nie, terwyl die koning sy eie standaard gehad het. Die kwessie het ontstaan gedurende die onderhandelinge vir die Japans-Koreaanse Verdrag van 1876 waar die afgevaardigde van die Japannese Keiserryk die Japannese nasionale vlag vertoon het, terwyl die Joseondinastie geen nasionale simbool gehad het om uit te beeld nie. In daardie tyd het sommige mense voorgestel dat ’n nasionale vlag geskep word, maar die Joseonregering het dit as onbelangrik en onnodig geag. Teen 1880 het die vinnige toename in buitelandse onderhandelinge gelei tot die dringende behoefte aan ’n nasionale vlag.[5] Die gewildste voorstel is in die “Koreastrategie”-dokumente vervat en is deur Huang Zunxian, die Chinese afgevaardigde, geskryf. Dit het voorgestel dat die vlag van die Qing-dinastie van China by dié van die Joseondinastie van Korea geïnkorporeer word. In reaksie op die Chinese voorstel het die Koreaanse regering Lee Young-Sook gestuur om die skema met Li Hongzhang, die Chinese staatsman en diplomaat, te bespreek. Li het met sommige elemente van Huang se voorstel saamgestem met die aanvaarding dat Korea veranderinge sou aanbring. Die Qing-regering het Li se gevolgtrekking bekragtig, maar dit is onbekend hoe entoesiasties die Joseonregering oor hierdie voorstel was.[6]
Die kwessie is vir ’n tydperk nie nagevolg nie, maar het weer ter sprake gekom tydens die onderhandeling van die Verenigde State–Koreaverdrag van 1882, ook bekend as die Shufeldtverdrag. Die Amerikaanse gesant Robert Wilson Shufeldt het voorgestel dat Korea ’n nasionale vlag in gebruik neem om sy soewereiniteit te verteenwoordig. Die koning van Joseon, Gojong, het die regeringsbeamptes Sin Heon en Kim Hong-jip opdrag gegee vir die ontwerp van ’n nuwe vlag. Kim Hong-jip het op sy beurt die afgevaardigde Lee Eung-jun om die eerste ontwerp te doen, wat Lee Eung-jun aan die Chinese beampte Ma Jianzhong gewys het. Ma Jianzhong was gekant teen Huang Zunxian se voorstel, dat Korea die vlag van die Qing-dinastie in gebruik neem en het ’n veranderde draak-vlag voorgestel.[6] Gojong het dié voorstel verwerp.[7] Ma het Lee Eung-jun se Taegeuk en die Agt-trigramme-vlag voorgestel.[8] Kim en Ma het veranderinge daaraan voorgestel: Kim het voorgestel om die rooi in blou en wit te verander; Ma het ’n wit veld voorgestel, ’n rooi en swart taegeuk, trigramme in swart en ’n rooi fraaiing.[6] Op 14 Mei 1882, voor die ondertekening van die Verenigde State–Koreaverdrag van 1882 het Park Yeong-hyo ’n skaalmodel van Lee Eung-jun se taegukgi aan die Joseonregering voorgestel en Gojong het dié ontwerp goedgekeur. In 1882 het Park Yeong-hyo die eerste persoon gebruik om die taegukgi te gebruik.[9] Die uitgawe op 2 Oktober 1882 van die Japannese koerant Jiji shimpō het na Gojong as die ontwerper van die taegukgi verwys (d.w.s. ’n vlag met ’n rooi en blou taegeuk en vier trigramme).[10] Op 27 Januarie 1883 het die Joseonregering amptelike die taegukgi as die nasionale vlag goedgekeur.[6]
In 1919 is ’n vlag soortgelyk aan die huidige Suid-Koreaanse vlag deur die voorlopige Koreaanse regering-in-ballingskap wat in China gebaseer was, gebruik. Die taeguk en taegukgi het kragtige onafhanklikheidssimbole geword tydens die sowat 1 500 betogings in die koloniale tydperk.
Na die herstel van onafhanklikheid in Korea in 1945 het die Taegukgi in gebruik gebly nadat die suidelike deel van Korea onder invloed van die Verenigde State ’n demokratiese republiek geword het; dit is tewens in die Volksrepubliek Korea gebruik. Naas die Taegukgi is die vlag van die Verenigde State ook deur die Amerikaanse Leër se Militêre Regering in Korea gebruik. Hoewel die vlag reeds voor die stigting van die Suid-Koreaanse staat in Augustus 1948 as die de facto nasionale vlag gebruik is,[11] is die huidige vlag op 15 Oktober 1949 deur die regering van Suid-Korea as amptelike vlag aanvaar.[6]
Totdat in Julie 1948 ’n nuwe ontwerp goedgekeur is, het Noord-Korea die taegukgi eweneens gebruik.
In Februarie 1984 is die presiese dimensionele spesifikasies van die vlag op skrif gestel.[12][13][14][15] In Oktober 1997 is die presiese kleure van die vlag deur middel van ’n presidensiële dekreet gespesifiseer.[2][16]
Rol in kontemporêre Suid-Koreaanse samelewing
Die naam van die Suid-Koreaanse vlag is ook gebruik as die naam van ’n Suid-Koreaanse rolprent oor die Korea-oorlog, Tae Guk Gi, in 2004.[17]
Volgens waarnemers soos The Times Literary Supplement se Colin Marshall en die Korea-student Brian Reynolds Myers word die Suid-Koreaanse vlag gebruik om, in die konteks van die land se samelewing, as ’n etniese vlag gebruik wat ’n groter nasionalistiese idee van ’n “Koreaanse ras” voor te stel, eerder as om bloot ’n simbool van die Suid-Koreaanse nasiestaat self te wees, soos dit nasionale vlae in die buiteland doen.[18][19][20] Myers voer aan dat: “Wanneer die gewone [Suid-Koreaanse] man die [Suid-Koreaanse] vlag sien, voel hy broederskap met [etniese] Koreane regoor die wêreld.”[21] Myers het ook in ’n 2011-proefskrif verklaar dat: “Te oordeel aan die jin-yang-vlag se universele gewildheid in Suid-Korea, selfs onder diegene wat die legitimiteit van die Republiek Korea ontken, roep dit klaarblyklik die [Koreaanse] ras eerste op en die [Suid-Koreaanse] staat tweede.”[22]
Ontheiliging
Die Suid-Koreaanse vlag verteenwoordig volgens ’n groot deel van die land se burgers die “Koreaanse ras” eerder as slegs die Suid-Koreaanse staat; gevolglik is vlagontheiliging deur die land se burgers seldsaam in vergelyking met ander lande, waar burgers hul eie landsvlae mag ontheilig vir politieke uitsprake. Dus sal daardie Suid-Koreaanse burgers wat teen die staat se optrede of selfs sy bestaan gekant is, steeds hul nasionale vlag met eerbied en respek behandel: “Daar is dus niks van ’n parodierende of doelbewuste ontheiliging van die staatsvlag te vinde wat mens in die teenkulture van ander lande teëkom nie.”[22]
Ongeag die voorkoms (al dan nie), straf die Suid-Koreaanse Strafwet ontheiliging van die Suid-Koreaanse nasionale vlag op verskillende maniere:[23]
Artikel 105 lê tot vyf jaar tronkstraf, regontneming van tot tien jaar, of ’n boete van tot sewe miljoen Suid-Koreaanse won op vir die beskadiging, verwydering of besoedeling van ’n Suid-Koreaanse vlag of embleem met die doel om die Suid-Koreaanse staat te beledig. Artikel 5 maak hierdie misdaad strafbaar, al is dit deur buitelanders buite Suid-Korea gedoen.[23]
Artikel 106 lê tot een jaar tronkstraf, regontneming van tot vyf jaar, of ’n boete van tot twee miljoen Suid-Koreaanse won op vir die lasterlike gebruik van ’n Suid-Koreaanse vlag of embleem met die doel om die Suid-Koreaanse staat te beledig. Artikel 5 maak hierdie misdaad strafbaar, al is dit deur buitelanders buite Suid-Korea gedoen.[23]
Suid-Korea straf nie net die ontheiliging van die Suid-Koreaanse vlag nie, maar ook dié van ander lande se vlae:
Artikel 109 lê tot twee jaar tronkstraf of ’n boete van tot drie miljoen Suid-Koreaanse won op vir die beskadiging, verwydering of besoedeling van ’n buitelandse vlag of embleem met die doel om ’n ander land te beledig. Artikel 110 verbied vervolging sonder ’n klag van ’n buitelandse regering.[23]
Ontwerp
Afmetings
Die wydte-hoogteverhouding van die vlag is 3:2. Daar is vyf afdelings van die vlag: die taeguk en die vier staafgroeperings. Die deursneë van die skyf is die helfte van die hoogte van die vlag. Die boonste gedeelte van die taeguk is rooi en die onderste gedeelte is blou. Die staafgroeperings kom in die vier hoeke van die vlag voor.[24]
Kleure
Die kleure van die Taegukgi word in die “Ordonnansiewet op die die Wet rakende die Nasionale Vlag van die Republiek Korea” gespesifiseer. ((ko) 대한민국 국기법 시행령)[26] Tot in 1997, toe die Suid-Koreaanse regering besluit het om standaardspesifikasies vir die vlag te verskaf, was daar geen presiese spesifikasies rakende die kleure nie. In Oktober 1997 is ’n presidensiële ordonnansie oor die standaardspesifikasies van die Suid-Koreaanse vlag gepromulgeer,[27] wat in Julie 2007 opgevolg is deur die Nasionale Vlagwet.
Die kleure word in wetgewing gedefinieer deur die Munsell en CIE kleurstelsels:
Die Eed van getrouheid teenoor die vlag (Koreaans: 국기에 대한 맹세|國旗에 對한 盟誓, “Eed teenoor die nasionale vlag”) is die een aan die nasionale vlag van Suid-Korea. Die eed word opgesê tydens vlagseremonies voor die nasionale volkslied van Suid-Korea.
Geskiedenis
Op 27 Julie 2007 is die huidige eed ingevoer.[29] Van 1972 tot 2007 is ’n ander weergawe gebruik wat deur die destydse Park Chung-hee ingevoer is.[30][31]
Teks
1972-weergawe
2007-weergawe
Koreaanse weergawe
나는 자랑스런 태극기 앞에 조국과 민족의 무궁한 영광을 위하여 몸과 마음을 바쳐 충성을 다할 것을 굳게 다짐합니다.[32]
Ek belowe ten sterkste, voor die trotse Koreaanse vlag, trou aan my vaderland, om my liggaam en siel aan die ewige glorie van die ras te wy.[30][33][31]
Ek belowe stewig, trots voor die Koreaanse vlag [Taegukgi], om ons liggaam en siel lojaal te wy aan die ewige heerlikheid van die vaderland [joguk] en die ras [minjok].[30][33]
Letterlike Afrikaanse vertaling
Ek is stewig daartoe verbind om my getrouheid te vervul deur my liggaam en gees te bied vir die eindelose glorie van my vaderland en ras voor die trotse Koreaanse vlag.
Koreaanse weergawe (amptelike weergawe)
나는 자랑스러운 태극기 앞에 자유롭고 정의로운 대한민국의 무궁한 영광을 위하여 충성을 다할 것을 굳게 다짐합니다.
Ek beloof, voor die trotse Taegeuk-vlag, getrouheid aan die Republiek Korea vir die ewige glorie van die land, vryheid aan die Republiek Korea.
Alternatiewe Afrikaanse vertaling
Ek, wat voor die edele Taegeuk-vlag staan, belowe plegtig getrouheid aan die Republiek Korea, tot sy glorie, vryheid en geregtigheid.
Letterlike Afrikaanse vertaling
Ek is vas verbind tot my lojaliteit teenoor die eindelose glorie van die groot Koreaanse staat wat vry en slegs voor 'n trotse Taegeuk-vlag is.
Omstredenheid
Anders as die huidige belofte van getrouheid aan die staat Suid-Korea het die 1972-belofte eerder trou belowe aan die “Koreaanse ras”, ook bekend as minjok.[30][31][33][34][35][36]
In die middel 2000’s is die belofte van getrouheid teenoor ’n “Koreaanse ras” (of “Koreaanse etnisiteit”) gekritiseer deur sommige mense,[37] spesifiek omdat dit rassisties en “nie gepas is in ’n tyd wanneer Suid-Korea ’n veelrassige en multikulturele samelewing word nie.”[38] Hierdie weergawe van die belofte is in Julie 2007, tydens die presidentskap van Roh Moo-hyun, geskrap[39] en vervang deur ’n ander, nierassistiese bewoording. Sommige linksgesinde Suid-Koreane het dié herformulering van getrouheid veroordeel, aangesien dit in stryd is met hul rassiese ideologie.[22]
Net so het tot April 2011, toe dit om soortgelyke redes geskrap is, Suid-Koreaanse soldate in hul eed trou teenoor die “Koreaanse ras” belowe.[33]
Standaard van die Joseondinastie, 1882 tot 1907[40]
Taegukgi uit die Amerikaanse Vlootboek Flags of Maritime Nations in Julie 1882
Taegukgi deur Park Yeong-hyo, September 1882
Taegukgi, November 1882
Taegukgi uit die Diplomatieke Qing-boek Tōngshāng Zhāngchéng Chéng'àn Huìbiān (通商章程成案彙編), bewerk deur Li Hongzhang, Maart 1883. Geannoteerde “Die vlag van Goryeo behoort aan die Groot Qing”. In China is Joseon dikwels Goryeo genoem.
↑(en) O'Carroll, Chad (2014). "BR Myers – Current Issues". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2014. Besoek op 11 September 2017 – via YouTube. Die Suid-Koreaanse vlag funksioneer steeds, ten minste in Suid-Korea, nie as 'n simbool van die staat nie, maar as 'n simbool van die ras.
↑ 25,025,1(ru) "Nasionale Vlag". Die Ambassade van die Republiek Korea in Moskou. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Januarie 2019. Besoek op 22 Januarie 2019.