Vodacombeker
Die Vodacombeker was ’n rugbykompetisie wat van 1998 tot 2015 elke jaar tussen Februarie en Mei in Suid-Afrika gespeel is. Die kompetisie was die derde mees prestigeryke rugbykompetisie in Suid-Afrika, naas Superrugby en die Curriebeker. Dit het oorvleuel met die Superrugbyreeks en geleentheid gebied vir jonger en minder ervare spelers om te ontwikkel. Dit kompetisie is sedert 1998 elke jaar deur Vodacom geborg. Dit is in 2017 deur die Rugby-uitdaagreeks vervang. Die kompetisie was oop vir die veertien Suid-Afrikaanse rugbyunies, maar spanne van buite Suid-Afrika is ook uitgenooi om deel te neem. Die Welwitschias van Namibië het tussen 1999 en 2001 asook in 2010 en 2011 deelgeneem. Die Pampas XV van Argentinië het vanaf 2010 deelgeneem.[1][2] Limpopo, wat normaalweg deel van die Blou Bulle vorm, het ook in 2013 as ’n afsonderlike span deelgeneem. SpanneDie volgende spanne het sedert die aanvang daarvan aan die Vodacombeker deelgeneem:
EindstrydeDie Vodacombeker se eindstryde het as volg verloop:
Algehele statistieke
RekordsDie Goue Leeus het op 27 April 2013 ’n rekordsege teenoor die Limpopo Blou Bulle behaal toe hulle die span met 161–3 geklop het by die Alberton Rugbyklub in Alberton. Die oorwinning is ’n rekord in Suid-Afrikaanse eersterangrugby. Dit oortref die Pumas se vorige Vodacombekerrekord van 154–0 ook teen die Limpopo Blou Bulle. Die 25 drieë wat die Goue Leeus gedruk het is ook ’n Vodacombekerrekord. Daarmee saam het Anthony Volminck ’n rekord nege drieë vir die Goue Leeus gedruk en daarmee Naas Olivier se vorige rekord van 42 punte in ’n wedstryd na 45 verbeter.[3] VodacomskildVan 2001 tot 2004 het die spanne wat nie in die boonste 4 plekke geëindig het in die rondomtaliefase nie, in ’n sekondêre kompetisie genaamd die Vodacomskild deelgeneem. Eindstryde
Algehele rekord
Verwysings
|