Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Voorbode

Voorbeelde van voorbodes in die Nürenbergkroniek (1493): natuurfenomene en afwykende geboortes

'n Voorbode (ook 'n omen of voorteken genoem) is 'n fenomeen wat na iemand se oortuiging die toekoms sou voorspel, en dikwels die aanbreek van verandering sou aandui.[1] Alhoewel die woord "voorbode" gewoonlik ontdaan is van 'n implikasie van die aard van die verandering, en gevolglik 'n "goeie" of "slegte" uitkoms kon aandui, word die term meer dikwels in 'n behoedende of onheilspellende hoedanigheid gebruik.

Antieke Rome

Antieke Romeinse religie het twee onderskeibare soorte wiggelaars as ampsdraers gehad. Die augurs het die vlug van voëls uitgelê, terwyl die haruspeks staatgemaak het op diereofferhandes, ten einde die karkas se binnegoed te bekom, wat vir wiggelary aangewend is.

Sien ook

Verwysing

  1. Princeton. "Omen" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 8 Maart 2011.
Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya