Share to: share facebook share twitter share wa share telegram print page

 

Vormingsentalpie

Die standaard vormingsentalpie ΔfHo van 'n stof is die standaard reaksie-entalpie vir die reaksie waarin die stof gevorm word uit die elemente in hulle standaardtoestand.[1]

Voorbeeld

Die vormingsentalpie ΔfHo van etanol is volgens die bostaande definisie die standaard reaksie-entalpie ΔrHo vir die reaksie:

Dis nie moontlik om hierdie reaksie in die laboratorium uit te voer nie, maar ons kan die drie stowwe (grafiet, waterstof, etanol) verbrand en die standaard verbrandingsentalpieë (hittewaardes) meet. Die Wet van Hess staan dan toe die vormingsetalpie van etanol te bereken.

Vormingsentalpieë van baie stowwe is bepaal en daaroor word in termodinamiese tabelle berig.

Verwysings

  1. Peter Atkins, Julio de Paula Physical Chemistry 10th ed., 2014, ISBN 978-1-4292-9019-7, bls 84
Prefix: a b c d e f g h i j k l m n o p q r s t u v w x y z 0 1 2 3 4 5 6 7 8 9

Portal di Ensiklopedia Dunia

Kembali kehalaman sebelumnya