Vrye WeekbladVrye Weekblad was ’n Afrikaanse anti-apartheidsweekblad met landswye sirkulasie wat op 4 November 1988[1] geloods is en in Februarie 1994 gesluit is. Die koerant is tot bankrotskap gedryf deur hofkoste nadat ’n klag van naamskending deur die polisiegeneraal Lothar Neethling teen die blad aanhangig gemaak is. Vrye Weekblad het berig dat Neethling na bewering gif verskaf het aan die veilgheidspolisie om politieke aktiviste mee dood te maak. Die Vrye Weekblad word weer sedert 5 April 2019 as 'n webgebaseerde tydskrif gepubliseer. Max du Preez is die redakteur van die nuwe tydskrif.[2] GeskiedenisDie Vrye Weekblad is deur ’n groep Afrikaner-joernaliste gestig uit ontevredenheid met die hoofstroom- Afrikaanse en Engelse pers se verslaggewing onder die Apartheidbedeling. Max du Preez het die koerant nominaal besit en was ook die voorsitter van die uitgewery Wending-publikasies.[3] Eintlik is Vrye Weekblad gesamentlik besit deur die stigters, wat onder andere die redakteur Max du Preez en die joernalis Jacques Pauw ingesluit het. Die eerste uitgawe het op 4 November 1988 verskyn, onder redaksie van Karien Norval, Du Preez, Elsabe Wessels, Chris du Plessis, Pauw, Victor Munnik en Koos Coetzee. Vanuit die staanspoor is die koerant deur die regering teengestaan. Die destydse minister van justisie, Kobie Coetsee, het die koerant se registrasie vertraag om die veiligheidspolisie kans te gee om ’n verslag oor die eerste uitgawes saam te stel[verwysing benodig]. Intussen het Vrye Weekblad voortgegaan om tegnies onwettig te verskyn. Die veiligheidspolisie se verslag het gemeld dat die koerant se bewusmakingspotensiaal onder wit Afrikaners nie onderskat moes word nie. Moontlike redes wat aan die destydse minister van wet en orde, Adriaan Vlok, voorgelê is om die koerant mee aan te kla het die volgende ingesluit: publikasie sonder registrasie, ’n uitbeelding van Nelson Mandela en die aanhaling van ’n gelyste persoon. Bewus daarvan dat die stigters van die koerant nie oor aansienlike finansiële bronne beskik nie, het Coetsee die koste om ’n koerant te registreer, verhoog van R10 na R40 000.[3] Aangesien die koerant dit nie kon bekostig nie, is die eienaars voor die hof gedaag. Op 17 November 1989 berig Vrye Weekblad oor ’n moordbende wat deur die veiligheidspolisie bedryf is vanuit Vlakplaas naby Pretoria. Toe die koerant die voormalige Vlakplaas-bevelvoerder, Dirk Coetzee, se openbaring oor genl. Lothar Neethling publiseer, het hy Vrye Weekblad gedagvaar. In 1997 het Du Preez verdere “bewyse” van Neethling se skuld aan die Waarheids-en-Versoeningskommissie voorgelê.[4] Op 5 Julie 1990 is die koerantkantoor deur regsgesindes met plofstof beskadig nadat die koerant die vorige maand verslag gedoen het oor ’n sameswering om president F.W. de Klerk en Nelson Mandela om die lewe te bring.[5] In 1991 is Neethling se aanklag deur regter Johan Kriegler in die Randse Hooggeregshof van die hand gewys. Maar die appèlhof het Kriegler se besluit omgekeer en die koerant beveel om R90 000 aan Neethling te betaal en alle hofkoste te dek. Die wetlike stryd wat daarna vyf jaar gesloer het, het albei partye altesaam R2 miljoen gekos en die koerant gedwing om in 1994 te sluit. Joernalis Jacques Pauw se verslag in die uitgawe van 17 Januarie 1992 dat Patrick Lekota geld aan ’n regsgesinde gebied het om Glory “September” Sidebe om te lewe te bring, is sterk deur die ANC ontken. Sidebe was ’n voormalige ANC-lid wat vir die Vlakplaas-moordbendes gewerk het, terwyl Lekota destyds ’n lid was van die ANC se nasionale uitvoerende komitee.[6] Ten tye van die koerant se sluiting is dit vanuit ’n voormalige bankgebou in Newtown, Johannesburg, bedryf. Belangrike onthullingsVolgens Du Preez se voorlegging aan die Waarheids-en-Versoeningskommissie het Vrye Weekblad die volgende onthullings gemaak:[3]
Sien ookBibliografie
Verwysinsg
Eksterne skakels
|